Suid-Afrikaners goedkoop proefkonyne vir farmaseutiese bedryf

Deel op

pilleSommige internasionale farmaseutiese maatskappye gebruik Suid-Afrika as ‘n toetsterrein vir hul produkte omdat dit makliker is as in die ontwikkelde wêreld om onetiese mediese toetse uit te voer en deelnemers te werf.

Die bewering word gemaak deur die Nederlandse NGO Wemos in ‘n verslag getiteld : Kliniese proewe in Suid-Afrika: Etiek, Reëls en Realiteite.

Wemos sê dat sommige farmaseutiese maatskappye “oneties” proewe hier onderneem, want dit is goedkoper en makliker.

Duisende siek Suid-Afrikaners word gebruik as proefkonyne in ‘n bloeiende multimiljardrand-bedryf, maar ‘n paar van die proefnemings oortree Suid-Afrikaanse wette en die internasionale medisyne protokol.

In een geval is, is kinders van so jonk as ses medikasie ingejaag sodat hulle kan deelneem as ‘n kontrolegroep in ‘n kliniese proefneming.

Kenners sê die probleem word vererger deur die feit dat, as gevolg van die chaotiese toestand van die land se openbare gesondheidstelsel, mense bereid is om te vrywilligers te wees net om toegang tot medisyne en behandeling te verkry.

Ongeveer 1300 kliniese toetse is tans aan die gang in Suid-Afrika in ‘n bedryf ter waarde van sowat R2.5 miljard, volgens die verslag. Baie van die proewe word nie behoorlik gemonitor nie omdat die universiteite se etiese komitees wat toesig hou oor studies, nie die geld het om al die studies te oudit nie.

“Tien jaar gelede het ons [Suid-Afrika] beskou as een van die goedkoopste en maklikste lande om kliniese toetse in te doen,” sê Urmilla Bridgmohun, van Inc Research, ‘n maatskappy wat monitering doen.

Kontraknavorsing wat deur farmaseutiese maatskappye befonds word, lei tot ‘n gebrek aan onafhanklikheid en net twee van die 15 navorsingsorganisasies in Suid-Afrika het ingestem om ‘n onderhoud met die skrywer van die Nederlandse verslag te voer.

“Gegewe die geheimsinnige aard van baie [moniteringsliggame] kan dit moeilik wees om die volle prentjie van hul bedrywighede in Suid-Afrika te kry,” sê die opstellers.

In sommige gevalle, het deelnemers effektiewe behandeling verloor toe die proefneming eindig, wat dokters en etiekkenners sê is oneties en onwettig in Suid-Afrika. – timeslive.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.