Wetstoepassers knak onder misdaadaanslag

Deel op

geldwasDie polisie vind dit moeilik om te kompeteer met internasionale misdaadsindikate wat $870 miljard ‘n jaar inoes via aktiwiteite wat dwelmhandel, mensehandel en die diefstal van identiteit insluit, het ‘n senior VN-amptenaar Woensdag gesê.

Polisiemagte oral vind dit moeilik, sê die amptenaar. “Dit is ‘n enorme bedrag geld.”

Jury Fedotof, hoof van die Verenigde Nasies se kantoor vir Dwelms en Misdaad, het aan AFP verduidelik in ‘n onderhoud hoe groot die probleem is.

As misdaadsindikate beskou word as ‘n bedryf, sal hul gesamentlike invloed hulle onder die wêreld se top ekonomiese spelers plaas.

Krisis-besnoeiings het ‘n jarelange finansiële kloof tussen die bendes en diegene wat hulle beveg net verbreed, het Fedotof gesê.

“Bendes is beter befonds as enige wetstoepassingsinstelling. Dit is duidelik. En veral as ons die groot bedrae ter sprake by onwettige inkomste vergelyk met die beperkte begrotings van baie wetstoepassingsinstellings,” het hy gesê.

Maar befondsing is net deel van die probleem, het Fedotof verduidelik, want wetstoepassingsagentskappe sukkel om tred te hou met die vorm-verskuiwende netwerke wat vinniger as die tradisionele mafias van die verlede beweeg.

“Hedendaagse georganiseerde misdaad ook gesofistikeerd en hoogs aanpasbaar,” het Fedotof gesê.

“Ons moet meer buigsaam wees, en nie net die stroom volg nie, maar ook voorkomend optree en ontwikkelinge in terme van georganiseerde misdaad vooruitloop,” het hy bygevoeg.

Kubermisdaad beleef ‘n belangrike groeifase, het hy verduidelik, gegewe dat ongeveer een derde van die wêreld se bevolking nou aktief toegang tot die Internet het.

Die jaarlikse opbrengs van aanlyn-identiteitdiefstal alleen word geskat op $1 miljard, het hy opgemerk, alhoewel dit nog oortref word deur $20 miljard wat gegenereer word deur die handel in bedreigde spesies.

In die narkotika-handel word gefokus op die toenemende aantal ontwerpersdwelms.

Fedotof het ook bekommernis uitgespreek oor die stygende dwelmhandel via die Sahel- en Wes-Afrika – veral deur die wettelose Guinee-Bissau, wat hy die “swakste skakel” noem.

Die handel in die streek word aangeblaas deur die berugte gewelddadige Sentraal-Amerikaanse kokaïenbendes omdat Noord-Amerikaanse markte gekrimp het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.