Mandela-saak mag dalk van die rol verwyder word

Deel op
Die Suid-Gautengse Hoëhof in Johannesburg
Die Suid-Gautengse Hoëhof in Johannesburg

Die regstryd tussen die sakeman Tokyo Sexwale, Bally Chuene en George Bizos, aan die een kant, en die Mandela-familie aan die ander, mag dalk verder vertraag word of van die rol geskrap word. Só berig die koerant New Age vandag.

Michael Hart, wat Sexwale, Bizos en Chuene verteenwoordig, sal die hof Vrydag vra om die regspan van die Mandela-familie te versoek om beantwoordende verklarings te liasseer of om die saak van die rol te skrap.

Zenani Mandela en Makaziwe Mandela, wat na bewering deur 17 familielede ondersteun word, het ‘n aansoek in die Hoëhof in Johannesburg gebring om Bizos, Sexwale en Chuene as direkteurs van Harmonieux Investment Holdings en Magnifique Investment Holdings te verwyder.

Oudpresident Nelson Mandela het die twee maatskappye in dié drie se sorg gelaat, maar die familielede voer aan dat hul aanstelling onregmatig was.

Die saak het Dinsdag nog ‘n struikelblok teëgekom toe Ismael Ayob as prokureur vir die Mandela-familie onttrek het, berig die koerant. – praag en Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.