Ponde word gepoets

Deel op
Jane Austen banknoteDie Britse 19de-eeuse skrywer Jane Austen sal die gesig van die nuwe £10-noot wees, het die Bank van Engeland aangekondig.
Dit is glo ‘n poging om kritiek dat vroue onderverteenwoordig is op die land se geldeenheid, aan te spreek, maar die nuwe Kanadese baas Mark Carney is nie gewild as keuse nie, en talle sien die besluit as ‘n manier om sy openbare beeld te probeer poets.

Die skrywer van klassieke werke soos Pride and Prejudice, Sense and Sensibility en Emma sal vervang word met die natuurkundige en vader van ewolusie, Charles Darwin in 2016.

Brittanje se sentrale bank se vorige keuse gelei tot ‘n herrie in April na die aankondiging dat die voormalige eerste minister Winston Churchill sosiale hervormer Elizabeth Fry sal vervang op die agterkant van die £5-noot, wat die geldeenheid van sy enigste vroulike historiese figuur tans beroof het.

Carney, die eerste buitelander wat die bank in sy 319-jarige geskiedenis lei, het gesê stappe sal gedoen word om te verseker dat spanning van hierdie soort nie weer uitbars nie.

“Ons glo ons moet die volle diversiteit van groot Britse historiese figure en hul bydraes in ‘n wye verskeidenheid van velde vier,” het hy gesê.

“Ons wil hê dat mense vertroue in ons verbintenis tot diversiteit moet hê.”

Die voormalige Kanadese sentralebankgoewerneur is gretig om sy sienings te laat geld in ‘n verouderde instelling waar portiers steeds in pienk baadjies deure oopmaak vir die toplui.

Soos baie ander lande, verander Brittanje gereeld die ontwerp van sy banknote met verskillende tussenposes om vervalsingsrisiko’s aan te spreek.

Die koningshuis is tradisioneel uitgebeeld op Britse banknote sedert 1960, en historiese figure op die agterkant van banknote is ingestel in 1970.

Die eerste figuur was William Shakespeare, met verpleegster Florence Nightingale wat daarna verskyn het op die £10-noot.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.