Nuwe hidro?lektriese stasie in Afrika ? aanwins of klug?

Deel op

Ek was nogal heel geamuseerd vanoggend toe ek die berig oor die nuwe groot dam in die DRK gelees het. Die “groot moondhede” wat kragte saamsnoer om die reusagtige projek aan te pak kom in Londen bymekaar saam met die banke wat die projek moet finansier asook met die firmas wat die projek moet bestuur.

My vraag is dan nou, hoekom moet ál die groot projekte wat Afrika aanpak deur die buiteland gefinansier en ontwerp word? Is mense buite Afrika dan die enigstes wat die kennis en vaardigheid het om groot projekte te kan doen? Dit wil voorkom asof Afrika se afhanklikheid daardeur bevestig word. Die redes vir daardie afhanklikheid kan wel voor Afrika se eie deur gelê word.

Deel op

Die feit dat politieke onrus die een ding is wat die projek voorheen gekortwiek het, is maar net nog ’n Afrikagrappie. Dink die betrokkenes by die projek werklik dat dinge so gestabiliseer het dat die ding sal kan voortgaan? Die antwoord is ’n onomwonde NEE.

Die kontinent se politieke stabiliteit is nie veel beter as wat dit was amper 25 jaar terug nie, inteendeel, dis net dieselfde as voorheen. Deur onderdrukking van media (soos in Zimbabwe) en elders is dinge soms net stiller gehou. Burgeroorlog gaan onverpoosd voort in menige land terwyl minderheidsgroepe op strepe geteiken word deur groter groepe (Suid-Afrika, Zimbawe, Kenia, Darfoer).

My vraag hier is hoekom moet blankes vanuit ander dele van die wêreld die werk kom bestuur (en beplan) as die Afrikane dan sulke slim mense is wat geen inmenging van die buitewêreld nodig het nie? Ek dink die antwoord is heel eenvoudig hier.

Die slim Afrikane is nie slim genoeg om die breinkrag op te lewer om die dam self te ontwerp en te bou nie. Verder sal hulle ook nie in staat wees om die ding te kan onderhou as hy wel tot stand kom nie; die voorbeeld om na te kyk hier is die Cahorra Bassa-dam van waar ons liewe Eskom ook nou krag aankoop. Volgens berigte is onderhoud by die dam ook nodig en dis die rede hoekom Suid-Afrika slegs ’n beperkte klein hoeveelheid elektrisiteit van daar af kan verkry. Ek dink dit sê al baie van die onbeholpenheid van die betrokke partye.

Die onderwys en opvoedingstelsel in Afrika is seker die een groot saak wat te blameer is. En dis nie dat die stelsel nie gewerk het nie. Die feit is dat die werkende stelsel deur die huidige regerings oorgeneem is en in die grond in vertrap is sodat dit nie meer kán werk nie. Op al die internasionale peilings en studies kom Afrikalande heel onder wat geletterdheid en wiskundige vaardigheid betref.

Indien die swart kinders skool ernstiger opgeneem het en minder aandag gegee het aan hulle menseregte sou die prentjie dalk anders gelyk het. Dan was daar dalk mense wat suksesvol op universiteit kon wees (en ek meen mense wat nie net grade kry omdat hulle swart is nie, maar mense wat dalk in staat is om die werk te doen).

Die universiteite is ’n grap waar politieke aktivisme klaarblyklik die enigste vak is wat enigsins ernstige aandag van swart studente ontvang. In die Ivoorkus het die studente-organisasie sommer president Gbagbo se guerrillavegters verskaf waarmee hy die mag oorgeneem het. Sou die swart studente meer aandag gee aan vakke soos ingenieurswese of die natuurwetenskappe sou Suid-Afrika dalk nie in die gemors sit waarin die land homself vandag bevind nie. Dan was dit dalk nie nodig om met hulp vauit die Amerikas en Europa die projek aan te pak nie, maar kon dit met inheemse breinkrag en kennis gedoen word. Sodoende was dit dalk nie nodig om die Oosterling hier in te kry vir sy kennis nie, want die Afrikaan kon sonder die harde septer uit die ooste die werk self doen.

Wat verder interessant is, is dat Nigerië ook krag sal van die projek sal verkry. Die een land in Afrika wat sit met superryk olievelde, wat tans tekorte aan brandstof beleef! Dis die een land wat as hulle dinge reg bestuur die kontinent kan oorheers met baie dinge, maar weens totale afhanklikheid en onbeholpenheid is hulle nie veel beter daaraan toe as wat Zimbabwe is nie. Zimbabwe was eens op ’n tyd die land wat suidelike Afrika gevoed het, en nou sit en krepeer hulle weens hongersnood en politieke onrus.

Ek moet wel erken dat ek hier verskeie punte aangeraak het wat nie direk verband hou nie, maar dit is alles dinge wat inskakel by die groter beeld. Ek glo dat die damprojek seker sy meriete kan hê en dat Afrika kan voordeel trek, maar die feit dat buitelanders weereens tot die redding moet kom deur middel van hulle kennis en vaardigheid spreek boekdele van die onbeholpenheid van die kontinent se inheemse inwoners.

free mobile onlineФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.