Nuwe formaat van praag.co.za

Deel op

afrtaal2Soos elkeen van ons lesers al agterkom het, het die formaat van hierdie webblad oor die afgelope paar dae verander. Anders as vele ander webblaaie wat van tyd tot tyd vernuwe word en daarmee saam inhoud afstaan, is al 14 000 ons artikels van die “ou praag” hierheen oorgedra.

Saam met die inhoud, het ons ook die Disqus-kommentaarstelsel behou, hoewel sommige URL’e van ouer Disqus-gesprekke wat ons lesers op die “ou praag” gevoer het tans nie werk nie. Wees egter verseker dat ons daaraan werk om ook al die ou gesprekke weer toeganklik te maak deur die URL’e by die nuwe blaaie te pas. Dit mag egter ‘n paar dae of selfs langer neem om te voltooi.

Ons het ook ‘n ekstra Gespreksforum hier bo geskep waar lesers via Disqus hul eie onderwerpe kan bespreek, nuuswenke kan gee en oor die algemeen kan kommentaar lewer sonder dat sodanige kommentaar aan ‘n spesifieke nuus- of meningsartikel op dié webwerf gekoppel is.

Ons sal gaandeweg meer funksionaliteit by die webwerf voeg, soos peilings en moontlik selfs ons eie sosiale medium waar gebuikers met mekaar kan kommunikeer, profiele kan opstel, foto’s kan oplaai, ens.

Sê gerus hier onder op Disqus wat u van die nuwe formaat van die blad dink.

– Die redaksie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.