Geweld breek weer by Medupi uit

Deel op

medupibrand2‘n Groep van tussen 500 en 1 000 werkers het Woensdagoggend by die Medupi-kragaanleg sonder waarskuwing oproerig geraak, het Eskom bekend gemaak.

Die kragreus het in ‘n verklaring gesê betogers het klippe gegooi en twee voertuie is aan die brand gesteek, maar niemand is beseer nie. Oproermakers het met die polisie gebots.

“Die situasie is onder beheer en die kalmte is herstel,” lui die verklaring.

Die Medupi-kragstasie word naby Lephalale in Limpopo opgerig.

Eskom het gesê die meeste werkers is van die terrein af gestuur, maar die kragverskaffer is besig om werksaamhede sou gou as moontlik te hervat.

Jeremia Makhoto, wat al sedert 2011 by die kragstasie se konstruksieterrein werk, sê spontane stakings gebeur dikwels.

“Sedert Januarie vanjaar het ons die hele maand nie gewerk nie. Ons het vir 20 dae gewerk en het 10 dae lank gestaak.

Die betoging hou glo verband met ontevredenheid met die toelae wat die werkers ontvang. Daar word tans onderhandel daaroor. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.