
Die Amerikaanse politikus en selferkende sekspes Anthony Weiner het gesê hy beplan steeds om te staan vir die amp van burgemeester van New York, ten spyte van sy erkenning dat hy wéér seksueel eksplisiete boodskappe en foto’s aan ‘n jong vrou gestuur het.
Weiner geniet die ondersteuning van die meerderheid swart inwoners van die stad.
Dié vrou het aan ‘n skinderwebwerf gesê dat sy verlede jaar ‘n aanlynverhouding met Weiner gehad het.
Weiner, wat ‘n getroude man is, het twee jaar gelede uit die kongres bedank ná ‘n soortgelyke voorval waarin hy prikkelfoto’s van sy onderlyf aan vroue getwiet het.
Hy het egter nou gesê dat hy sy verhouding met sy vrou reggestel het, en dat hy klaar is met die soort gedrag.
Weiner se vrou, Huma Abedin, is ‘n assistent vir Hillary Clinton, die voormalige minister van buitelandse sake. – AP