
‘n Gewapende roof het vanoggend by die Telkom-winkel op die grondvloer van die Cresta-winkelsentrum in Randburg plaasgevind. Die rowers het voor openingstyd deur die voordeur toegang verkry, maar is met hul buit deur die agterdeur uit.
Teen vanmiddag was die winkel nog gesluit met kennisgewings op die ruite geplak wat klante inlig dat dit “tot verdere kennisgewing” gesluit sal bly.

Die Cresta-winkelsentrum word tans aanmekaar deur rooftogte geteister. Volgens kelnerinne by een van die kafees, is ‘n bank gister beroof en moes ‘n juwelierswinkel sy deure sluit omdat dit so gereeld beroof is.