Kongolees duik op in SA vloot

Deel op

sanavyDie Nasionale Weermag het bewerings verwerp dat hy doelbewus beplan het om ‘n buitelander te werf.

Die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte-unie (SASFU) het sy skok uitgespreek dat ‘n Kongolese burger in die geledere van die SANW dien in die elite duikbootvloot van die SA Vloot. Dit is teen die agtergrond van ‘n hoë werkloosheidsyfer onder die jeug en die xenofobiese aanvalle het die unie in ‘n verklaring gesê.

“Die indiensneming van buitelanders in die SANW is ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid want dit het ‘n potensiaal dat infiltrasie deur buitelanders bevorder word in die leierskap van die SANW en kan dalk selfs tot ‘n staatsgreep lei teen die demokraties verkose regering van Suid-Afrika.”

Die unie het ‘n beroep op pres. Zuma en die Kabinet gedoen om die Vloot te beskerm, “beide struktureel en filosofies om die identiteit van ‘n soewereine en demokratiese staat te bewaar en Suid-Afrika se vrede met sy bure te waarborg”.

Die buitelander is gekoppel aan magte wat vir en teen die Kabila-regering is, wat uiters problematies is, het die unie gewaarsku.

Die Weermag het ontken dat die Kongolese burger reeds aan boord van ‘n Vlootduikboot diens doen.

Die Weermag het gereageer op opmerkings deur die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte -Unie, SASFU, wat die werwing van die Kongolees skerp veroordeel het.

Die Weermag sê die Kongolese burger se ouers woon in Suid-Afrika en hulle beskik oor Suid-Afrikaanse ID-dokumente en ‘n verblyfpermit.

Volgens RSG se redaksie het die Weermag gesê die seun was tydens ‘n werwingsproses by ‘n hoërskool in KwaZulu-Natal deel van ‘n groep leerders wat gewerf is.

Die leerder het ook ander toetse geslaag waarna daar vasgestel is dat hy nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie.

Daar word tans stappe gedoen dat hy hom as kandidaat onttrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.