Bek-en-klouseer breek by Phalaborwa uit

Deel op

bekenklouDie voorkoms van bek-en-klou-seer is in Makhuva naby Phalaborwa in die noorde van die Kruger Wildtuin aangemeld.

Die departement van landbou sê die siekte is in ‘n gemeenskaplike weiveld opgespoor. Die gebied is binne Suid-Afrika se bek-en-klou-seer beskermingsone geleë.

‘n Veearts, Piet Phakhula sê inentings teen die siekte word toegepas en tot dusver het net twee diere positiewe resultate opgelewer.

Die situasie word daagliks deur amptenare en veeartse gemonitor.

Nuus dat bek- en klouseer in uitgebreek het, laat veeboere erg bekommer, omdat belangrike geleenthede soos wolveilings uitgestel moet word en uitvoere van diere en diereprodukte word onmiddellik opgeskort. Diere met gesplete hoewe word geraak.

Die omvang en belangrikheid van bek- en klouseer moet nooit gering geskat word nie. Die siekte is nie noodwendig dodelik nie en vrektes van 2% by volwasse diere en 20% by jong diere is aangeteken. Die belangrikheid van die siekte is die feit dat dit so hoogs aansteeklik is, (tot 100% diere word aangesteek) en die siekte het enorme ekonomiese implikasies, anders as wat Phakhula beweer.

Veeartse het reeds aan Praag te kenne gegee dat hulle vrees vir sulke uitbrake weens swak staatsoorsig en bestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.