Cosas dreig om verkragters te kastreer

Deel op

cosasrapeDie Congress of SA Students (Cosas) het Dinsdag gedreig om verkragters te kastreer.

“Ons gaan die reg in eie hande neem,” het Thlologelo Malaji, president van Cosas, gesê.

“Ons gaan die privaatdele van diegene wat ons broers en susters verkrag, afsny. Ons sal ook nie van die dwelmhandelaars in ons gemeenskappe vergeet nie, want ons weet waar hulle bly.”

“Lede van ons gemeenskap moet nie meer in vrees lewe nie en ons help om al die euwels in die samelewing uit te roei,” het hy gesê.

Malaji het gesê Cosas het besluit om nie net gerieflik toe te kyk hoe die jeug se toekoms deur die euwels in die samelewing weggevat word nie.

“Ons doen ‘n beroep op belanghebbendes in onderrig om deel te neem en ‘n bydrae te lewer in die stryd die opvoeding van ons land; om te verseker dat ons studente die beste opleiding ontvang.”

Cosas sal glo vergaderings reël tussen ouers, leerlinge en ander om die toestand van opleiding in die land te bespreek. “Die kultuur van onophoudelike ontwrigting van opleiding en opvoeding weens betogings is die kern van dié samesprekings.”

Malaji het gesê Cosas is ook besorg oor die aantal skole, veral hoërskole, wat nie voedingskemas het nie.

“Indien ‘n kind in ‘n laerskool op ‘n voedingskema staat gemaak het, is hul omstandighede in die hoërskool steeds dieselfde. Waar sal die kind ondersteuning kry indien daar nie ‘n voedingskema by die skool is nie?” Hy het gesê die gehalte van kos wat in voedingskemas bedien word, is ook kommerwekkend.

Malaji het bygevoeg dat Cosas ook sal voortgaan om die publikasie van matriekuitslae in koerante teen te staan. “As ‘n studente-organisasie hou ons steeds vol matriekuitslae is ‘n privaatsaak tussen die matrikulant en die departement van onderwys.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.