EU plaas Hezbollah militêre vleuel op terreurlys

Deel op

euDie Europese Unie (EU) het die militêre vleuel van die Libanese groep Hezbollah Maandag op sy terreurlys geplaas.

Die EU se 28 ministers van buitelandse sake het die besluit eenparig ondersteun tydens die unie se maandelikse vergadering.

Europese Unie ministers van buitelandse sake se vergadering in Brussel het ‘n einde aan maande se geredekawel oor die besluit om die militêre vleuel van die Libanese Hezbollah op die EU se lys van terroriste-organisasies te plaas.

Die besluit volg op ‘n selfmoordbomaanval waarin vyf Israeliese toeriste in Bulgarye omgekom het. Eerste Minister Benjamin Netanyahu, het Iran dadelik blameer, maar Bulgaarse ondersoekbeamptes het gewaarsku dit sal ‘n “fout” te wees om blaam toe te wys voor die aanval ondersoek kan word.

Israel, saam met die VSA, het die skuld op Hezbollah en dus Iran vir die aanval gepak.

Die aanvalle, het een senior Amerikaanse amptenaar gesê, was in weerwraak vir die moord op Iranese kernwetenskaplikes. Dit was uit weerwraak, het die Amerikaanse amptenaar, wat gepraat het op voorwaarde van anonimiteit omdat die ondersoek nog aan die gang was, gesê.

In skrille kontras, het The Washington Post se Karin Brulliard, uit Jerusalem verslag gedoen, en gesê alhoewel sy kennis neem van die amptelike beskuldigings teen Hezbollah en Iran se verantwoordelikheid, het “Israel geen konkrete bewyse aangebied om die aanval met Iran te verbind nie. Die VSA se intelligensie-amptenare het gesê dit was ‘geloofwaardig’ dat Hezbollah die aanval uitgevoer het, maar ontleders by die CIA en ander agentskappe oorweeg nog steeds die intelligensie rondom die aanval en het nie ‘n gevolgtrekking bereik nie.”

EU-bronne in Brussel het intussen gewaarsku en gesê dat die proses kan nog twee tot drie dae kan duur.

In baie opsigte is dit ‘n historiese oorwinning vir Brittanje en Frankryk, maar dit kan die EU verder verdeel op byna elke aspek van hoe om met die Midde-Ooste te handel, wat Iran, Israel, Palestina, Libanon en Sirië insluit.

Die Verenigde State en Israel het beide druk op die EU geplaas. In ‘n debat wat maande geduur het, het Ierland en Malta vasgeskop, terwyl Oostenryk gevrees het vir die veiligheid van sy troepe as deel van die VN-bedrywighede in Libanon in gebiede wat onder die direkte beheer van Hezbollah staan.

Die politieke vleuel van die Hezbollah is deel van die regering in Libanon en die Libanese regering het amptelik probeer om die EU te weerhou van die neem van so ‘n besluit.

“Ons kan nie toelaat dat die militêre tak van die Hezbollah terroriste-aktiwiteit in die Europese Unie voer nie, het Guido Westerwelle, die Duitse minister van buitelandse sake verduidelik.

Hoe om die militêre van die politieke vleuel te skei, gaan egter ‘n moeilike vraag wees om op te los, het EU bronne gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.