Dettol van die rakke onttrek

Deel op

dettolDie ontsmettingsmiddel Dettol en Domestos Extended Germ Kill is van die rakke onttrek omdat dit ‘n gesondheidsrisiko inhou vir verbruikers, het Nasionale Reguleerder vir Verpligte Standaarde (NRCS) Dinsdag gesê.

Thomas Madzivhe van die NRCS het bevestig dat die Dettol Disinfectant Liquid, wat van die Verenigde Koninkryk ingevoer is, van die rakke onttrek is omdat die produk nie vereiste toetse geslaag het nie.

Madzivhe het gesê Domestos Extended Germ Kill is nie by die NRCS geregistreer nie en dus kan die veiligheid van die produk nie gewaarborg word nie.

Bongani Khanyile, waarnemende hoof van die NRCS, het ‘n beroep op die publiek gedoen om die reguleerder in kennis te stel van enige winkels waar die produkte nog op die rakke is.

Die NRCS kan op  021 428 6043 gekontak word. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.