Of Good Report: Entartete Kunst

Deel op

delport_manfreddeur Manfred Delport

Enkele jare gelede is die rolprent Lolita, gebaseer op die roman van die Rus Wladimir Nabokov, in kunsrolprentteaters in Suid-Afrika vertoon. Die rolprent asook die boek handel oor die seksuele verhouding tussen ‘n twaalfjarige meisie en haar onderwyser. Die onderwyser trou met die dogtertjie se ma, omdat hy ‘n seksuele fantasie oor die dogtertjie het.

Dié rolprent, met Jeremy Irons in die hoofrol, het weliswaar groot omstredenheid oorsee veroorsaak, maar is nietemin deur die Suid-Afrikaanse Film- en Publikasieraad (die FPR) goedgekeur, en het toe wel in Suid-Afrika gedraai.

‘n Ander kunsrolprent wat onlangs vrygestel is, Of Good Report, handel oor ‘n soortgelyke tema. Dit handel ook, soos die roman Lolita, oor die seksuele verhouding tussen ‘n skoolmeisie en ‘n leerkrag. In dié geval is die rolprent egter verbied deur die FPR. Die rol van die skoolmeisie word egter deur ‘n 23-jarige aktrise in die rolprent uitgebeeld, en kan dus kwalik as kinderpornografie gesien word.

Wat, kan mens tereg vra, is die verskil tussen Lolita en Of Good Report dan?

Die regisseur van Of Good Report het gister tydens ‘n onderhoud met John Robbie op Talk Radio 702 die antwoord verskaf: Of Good Report is verban vir politieke redes. Om meer spesifiek te wees: Dit is verban omdat die storie oor Suid-Afrika handel, en om nog meer spesifiek te wees, omdat die karakters in Of Good Report swart is.

Daar is naamlik niks wat die politiek-korrektes en libverkramptes so bang maak as die waarheid nie, en Of Good Report het gedurf waag om ‘n spieël voor die swart gemeenskap in Suid-Afrika te hou, en spesifiek ‘n spieël wat die ongemaklike waarheid ontbloot oor die wydverspreide kultuur van seks met minderjarige meisies wat wyd onder ouer swart mans voorkom.

Volgens die minister van gesondheid, dr Aaron Motsoaledi, is minstens 28% van alle Suid-Afrikaanse skoolmeisies MIV-positief, en dit kan regstreeks toegeskryf word aan die verskynsel van sogenaamde “sugar daddies”; ouer mans wat die dogters omkoop met geld en geskenke ten einde seksuele verhoudings met hulle te hê. Die Sowetan-koerant berig dat 94000 skoolmeisies in 2011 swanger geraak het.

Dié verskynsel sien mens eweneens in heelwat van die sesderangse TV-programme wat deur die SABC vervaardig word. Die kenmerkende swart skoolrompe en wit hemde wat deur swart skoolmeisies gedra word, is skynbaar onuitstaanbaar aanloklik onder sommige groepe, te oordeel aan hoeveel TV-programme sulke meisies uitbeeld.

Of Good Report het dus klaarblyklik té naby aan die waarheid gekom vir die heersersklas, linksverkramptes en die ANC-regime. Oudpresident Thabo Mbeki se weiering om te erken dat vigs deur die MI-virus veroorsaak word, is deels gemotiveer deur sy weiering om die waarheid oor swart seksuele gedrag te wil konfronteer. Mbeki het hom verskriklik te na gekom gevoel deur ‘n Amerikaanse akademikus wat swart mans beskryf het as: “Rampant sexual beasts…unable to keep it in their pants.”

Toe die TV-reeks Yizo-Yizo etlike in 2001 eweneens die seksuele verhouding tussen ‘n skoolseun en ‘n ouer vrou wou uitbeeld, was dit ook só omstrede dat dit skoon ‘n draai in die parlement gaan maak het.

Ek kan my dus net indink watter vrees en bewing daar moes wees toe die FPR die rolprent Of Good Report onder oë gekry het: “Wat sal die Gedagtepolisie sê?” In die heersende klimaat van ekstreemlinkse politieke korrektheid en gedagtebeheer, is Of Good Report dus deur die FPR verbied as “entartete Kunst”, ‘n term wat die Nazi’s gebruik het om alle moderne kuns en jazz-musiek mee te beskryf, omdat die waarheid die ANC-regime en hul linkse meelopers te ongemaklik sou stem.

Darem ironies, nie waar nie? Ek kyk anderdag die rolprent Searching for Sugarman, waarin daar vreeslik te velde getrek word oor die sensuur by die destydse SAUK en NP-regering, wat nie wou toelaat dat liedjies soos Rodriguez se Sugar Man oor die radio gespeel word nie. Hoe meer dinge verander…

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.