Hansie Cronjé se saak weer opgerakel

Deel op
Hansie Cronjé
Hansie Cronjé

Indiese polisie het aanklagte teen verskeie beroepswedders voorberei 13 jaar ná ‘n wedstryd-skandaal wat die gewese Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Hansie Cronjé, uitgesonder het, het ‘n polisie-bron gesê.

Polisie in Nieu-Delhi het ‘n “gedetailleerde klagstaat” teen vyf beroepswedders voorberei, het die bron gesê.

Die optrede kom nadat Delhi se polisiehoof Neeraj Kumar aan plaaslike media gesê dat hy beplan om aanklagte in te dien oor die Cronjé-wedstrydknoeiery-saak en IPL-wedstrydknoeiery voor die einde van die maand.

Kumar het aan die Hindustan Times Saterdag gesê dat hy ‘n ” paar los punte” voor sy aftrede aan die einde van Julie, insluitend beide gevalle, wil opklaar.

Die Indiese Premierliga (IPL) is geruk deur bewerings van wedstrydknoeiery in Mei vanjaar met sowat 29 mense wat in hegtenis geneem is, waaronder drie Indiese spelers.

Cronje is verban uit die spel vir die res van sy lewe in Oktober 2000, ses maande na Delhi polisie hom beskuldig het van omkopery deur die Indiese beroepswedder Sanjeev Chawla tydens sy span se toer na Indië in dieselfde jaar.

Polisie sê Cronje het geld aanvaar van Chawla vir onder-presterende optrede tydens die eendagreeks in Indië en spanmaats Herschelle Gibbs, Nicky Bojé en Pieter Strydom oorgehaal om aan boord te kom.

Cronje is afgedank as kaptein ná ‘n Suid-Afrikaanse ondersoek omdat hy $10000 (sowat R99000) en $15000 (sowat R148000) van Chawla aanvaar het.

Die polisie kan as bewys “honderde bladsye” van telefoonoproeprekords tussen Cronjé en Chawla uithaal, het die bron gesê.

Chawla woon glo in die Verenigde Koninkryk en die Indiese polisie hoop op sy uitlewering nadat die klagstaat voor die hof geplaas is. Die klagstaat sal waarskynlik geen melding van Gibbs of Bojé maak nie.

Cronjé is in 2002 op die ouderdom van 32 jaar dood toe ‘n ligte vliegtuig waarin hy op reis was neergestort het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.