Cameron se anti-porno-filters problematies

Deel op
David Cameron
David Cameron

Die Britse premier David Cameron se plan om internetpornografie te verbied, is onder verdenking nadat hy voorgestel dat kaal vroue soos dié wat op The Sun se bladsy drie verskyn, nog steeds toeganklik sal wees aanlyn. Sommige kritici het Cameron van skynheiligheid beskuldig.

Die Eerste Minister het ‘n groot toespraak uitgestel om ‘n reeks hervormings aan te kondig wat kinders moet beskerm teen “giftige” pornografiese webwerwe. Cameron het sulke webwerwe as ‘n “roes op kinderjare” beskryf. Hy het aangekondig dat internetdiensverskaffers ingestem het om gesinsvriendelike filters aan te bring wat outomaties pornografie blokkeer tensy kliënte verkies om dit te sien.

Maar sy voorstelle is ook gekritiseer deur die anti-sensuur groepe, wat gewaarsku het dat webwerwe oor seksuele gesondheid en seksualiteit per ongeluk in die verbod kan sneuwel.

Cameron erken daar sal  “probleme” met die stelsel wees en kennelik is sy aanvaarding van “sagte” of geskrewe pornografie problematies.

Die voormalige hoof van Child Exploitation and Online Protection (CEOP), Jim Gamble, sê mnr Cameron se plan om kindermishandeling te fnuik deur die verwydering van die resultate van soekenjins soos Google sal “afgelag” word deur pedofiele.

“Daar is 50.000 sulke roofdiere … wat nie van Google gebruik maak nie, maar peer-to-peer,” het hy gesê. “Volgens CEOP se inligting is slegs 192 verlede jaar gearresteer. Dit is eenvoudig nie goed genoeg nie.

“Kom ons skep ‘n werklike afskrikmiddel. Nie ‘n pop-up wat pedofiele sal aflag. nie.”

Cameron het ‘n veelvoudige benadering in die vooruitsig gestel om die verspreiding van beide wettige en onwettige pornografie aan te pak op die internet, en sê dat die probleem is “te groot om te ignoreer”.

Een sy voorstelle is, om teen die einde van volgende jaar alle huishoudings ‘n “opt out” van outomatiese pornfilters te gee, wat as standaard met internetbreëband kom. Besit van die uiterste vorme van volwasse pornografie sal ‘n oortreding word, terwyl die aanlyn-inhoud dieselfde beperkings as DVD’s in sekswinkels sal hê.

Maar in onderhoude ná sy toespraak was Cameron onduidelik presies oor watter webwerwe verbied moet word deur die nuwe filters – en aanvaar hy dat die tegnologie nog steeds tekortkominge het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.