Detroit is nie die enigste Amerikaanse stad wat gaan vou nie

Deel op
Philadelphia: next on the list of bankruptcies?
Philadelphia: volgende op die lys van bankrotskappe?

Verlede week, is die swart Amerikaanse stad Detroit bankrot verklaar, die grootste stad in die Amerikaanse geskiedenis om so ‘n drastiese stap te neem. Dit is eintlik ‘n manier vir die stad om van al die finansiële verpligtinge ontslae te raak en nie te betaal wat hulle skuld nie.

Wat is die grootste finansiële verpligting wat die stad in die gesig staar? Pensioene, $3,5 miljard se pensioene, om presies te wees.

Ja, Detroit skuld voormalige staatsamptenare – onderwysers, brandweer, polisie en meer – ‘n yslike $3,5 miljard. Behalwe dat Detroit nie geld het om die pensioene te betaal nie, is die stad in ‘n toestand van algehele ekonomiese ineenstorting nadat die Amerikaanse regering miljarde in belastingbetalers se geld aangewend het om te help dat General Motors sy produksie na die buiteland skuif, na lande soos China.

As ‘n gevolg hiervan en die daaropvolgende kriminele wanbestuur van ‘n swart kleptokrasie, is dit ‘n spookdorp van verlate geboue, verkrummelende infrastruktuur en finansiële nood.

Chicago, nog ‘n swart stad, skuld $19 miljard in pensioenuitbetalings wat hulle nie het nie, en die stad van Los Angeles is meer as $30 miljard in die rooi. Die storie is trouens baie dieselfde in elke groot Amerikaanse stad.

Vroeg vanjaar het die Pew Center ‘n opname vrygestel wat toon dat 61 van die land se grootste stede ‘n gaping van meer as $217 miljard in onbefondsde pensioen- en gesondheidsorglaste dra. Terwyl stede lank reeds gesondheidsorg, lewensversekering en ander voordele aan afgetrede werknemers belowe, het “min … begin spaar om die langtermyn koste te dek,” lui die verslag.

Lees die verslag hier:

Detroit het geen keuse gehad as om bankrotskap te verklaar in ‘n poging om te verhoed dat hulle vir die pensioene aanspreeklik gehou word nie. In effek, dit is ‘n konfiskering van alle pensioenfondse deur die regering, wat beteken dat afgetrede polisielede, brandweerlede, onderwysers en so aan nooit ‘n sent van die pensioene sal sien wat hulle gedink het hulle verdien het nie.

Die woord “onbevoeg” begin nie eens om Detroit se politieke leierskap te beskryf nie. Dit is meer soos politici met “breinskade” of “krimineel stapelgek”.

Is Detroit, soos die Amerikaanse banke, “Te groot om te misluk”?

Daar is reeds sprake dat Obama ‘n reddingsboei na Detroit gaan werp, wat beteken dat die federale regering die skuld van die wanbestuur in die stad asook sy pensioenfondse gaan dra, en uiteindelik belastingbetalers regoor die land, gaan melk. Dit sal gedoen word in die naam van “swart solidariteit”, natuurlik.

Gewone Amerikaners sal betaal om pensioene van ‘n paar oud-polisiemanne in Detroit te kan aanhou betaal, en die swart stadsleiers se magsposisies te bestendig Dit is alles deel van die federale regering se nuwe plan om korrupsie te beloon en fiskale verantwoordelikheid te straf.

Lonende roekelose besteding is in elk geval die nuwe sport in Washington, waar banke gereeld honderde miljarde dollars in belastingbetalers se geld ontvang weens blinde transaksies op afgeleide markte wat versuur.

In April het Moody’s gewaarsku dat die graderings van ander swart stede waaronder Chicago, Cincinnati, Minneapolis, Portland en 25 ander plaaslike regerings in die gedrang is, skryf Forbes.com.

Die top 10 grootste Amerikaanse stede op die rand van bankrotskap is:

  1. Philadelphia
  2. Chicago
  3. Boston
  4. Cincinnati
  5. St Paul
  6. Jacksonville
  7. New York City
  8. Baltimore
  9. Detroit
  10. Fort Worth

Die gevolge van die wanbestuur sal uiteindelik lei tot wydverspreide onluste, gevolg deur polisie-onderdrukking. Die federale regering se aankope van miljarde rondtes ammunisie, duisende gepantserde voertuie, outomatiese aanvalsgewere en ander toerusting, sal dalk gebruik word op die strate van Amerika.

Selfs die Wall Street Journal erken nou dat die militarisering van die Amerikaanse polisie buite beheer is.

“Wetstoepassingsagentskappe in die VSA, op elke vlak van die regering, vervaag die lyn tussen die polisiebeampte en soldaat. Gedryf deur oorlogsretoriek en die beskikbaarheid van die militêre-styl toerusting – van bajonette en M-16 gewere tot gepantserde personeeldraers – het Amerikaanse polisie dikwels ‘n ingesteldheid wat voorheen gereserveer was vir die slagveld.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.