Gesin met binddraad vasgebind, beroof

Deel op
Hi-Tech security, Nelspruit
Hi-Tech security, Nelspruit

Drie mans is soek nadat hulle verlede Woensdagoggend ‘n gesin vasgebind het en hul huis in Nelspruit beroof het.

Mnr. Petrus Müller, sy vrou Annemarie en dogter Jacquelene (12), is omstreeks 01:00 deur die mans in balaklawas oorval en met binddraad vasgebind. “Hulle het genadiglik die jonger dogter gelos en sy het deur die hele voorval geslaap,” het operasionele bestuurder van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, mnr. Nico Grobler, gesê.

Hulle het na bewering die kleinhoewe op The Rest se veiligheidshek voordat hulle die gesin oorval en vasgebind het, oopgebreek.

“Ons vermoed dat hulle inligting wat na ‘n ander huis verwys, ontvang het, want hulle het herhaaldelik die familie vir wapens, ‘n kluis en kontant gevra,” het Grobler gesê. Daar is egter geen kluis of wapens in die huis nie.

Mnr. Müller het omstreeks 02:30 losgekom en Hi-Tech-beamptes na die toneel ontbied.

Die mans het reeds met selfone, ‘n skootrekenaar, geld en juweliersware in sy Audi A6 gevlug. Grobler en Hi-Tech-reaksieoffisier, mnr. John Ekkard is na die toneel, waar hulle die SAPD ontbied het.

Die Audi se Netstar-opsporingsisteem is deur Bossies Community Justice se operasionele bevelvoerder mnr. Jacques Meiring, tesame met reaksieoffisiere mnre. Ruan Matthee en Callum MacPherson opgespoor. Die SAPD se blitspatrollie het net voor dagbreek in samewerking met die helikopter die voertuig gewaar.

“Ons is bly om te kan sê dat die Müllers ongedeerd is, maar die verdagtes is steeds soek,” het Grobler gesê. – Looklocal.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.