
‘n Wes-Kaapse boer wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n tiener erg aangerand het, sal binnekort in die Ashton-streekhof verskyn, het The Star Maandag berig.
Flippie Engelbrecht was 15 jaar oud was toe hy en sy pa in Januarie 2008 op pad huis toe van ‘n plaas aangeval is.
Volgens die berig het sy kop tydens die aanval ‘n wyntenk getref, waarna hy later blind geword en epileptiese aanvalle begin kry het.
The Star berig Engelbrecht het brandwonde opgedoen toe hy in September ‘n epileptiese aanval gekry en in ‘n kookvuur geval het. Sy hande is intussen geamputeer.
Dit is nie bekend hoe die eerste vermeende aanranding verband hou met die tiener se latere beserings nie. – Sapa