SAPD-kaptein vas na verkragting

Deel op

SAPD‘n Polisiekaptein is in Worcester in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n 46-jarige vrou in ‘n polisievoertuig verkrag het, het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gesê.

“Die klaagster beweer sy is op 20 Junie omstreeks 23:30 verkrag deur die verdagte wat ‘n gemerkte SAPD-voertuig gery het terwyl hy aan diens was,” het Moses Dlamini, woordvoerder van die Opod, gesê.

“Die verdagte het na bewering gedreig om die slagoffer en haar seun te skiet indien sy saak aameld, wat daartoe gelei het dat sy nie die saak onmiddellik ná die voorval aangemeld het nie.”

Dlamini het gesê die 46-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat die vrou ‘n saak teen hom aanhangig gemaak het.

Die man verskyn Maandag in die Worcester-landdroshof op aanklag van verkragting. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.