Mandelas het glo nie geld vir regsgeding nie

Deel op
Mandla Mandela
Mandla Mandela

Mandela-familielede wat Mandla Mandela oor die verskuiwing van die oorskot van drie van oudpres. Nelson Mandela se kinders gedagvaar het, is glo te arm om hul eie prokureurs aan te stel.

Rhodes-universiteit, wat gratis regshulp aanbied, het aan die Sunday Times bevestig dat dié instelling vir die hofsaak betaal het.

Die universiteit se regskliniek het aan die koerant gesê hy het vasgestel dat sommige van die familielede “behoeftiges” was, maar wou nie uitbrei oor die kriteria wat gebruik word om vas te stel wie in aanmerking vir befondsing kan kom nie.

Die Sunday Times het Ndaba Mandela genader om te vra of sy familielede aansoek om regshulp gedoen het, en of hy sy familielede as behoeftiges beskou.

Hy het net gesê: “Wees versigtig oor jou bronne.”

Makaziwe Mandela het nie gereageer toe sy vir kommentaar genader is nie.

Mandla Mandela se woordvoerder, Freddy Pilusa, sê die regskliniek se bewering dat van die familielede behoeftiges is, is “absurd.”

Intussen is die hoofman se oupa steeds besig om in die hospitaal aan te sterk.

Mandela is op 8 Junie weens ‘n knaende longkwaal in die hospitaal opgeneem. Hy het vroeër die week sy 95ste verjaardag in die harthospitaal deurgebring waar hy glo TV kyk en vir besoekers waai volgens een van sy familielede. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.