SA-fliek weens kinderporno verbied

Deel op
Michael Auret
Michael Auret

‘n Suid-Afrikaanse fliek oor ‘n onderwyser wat na ‘n leerling vry, is die eerste film wat ná 1994 in die land verbied is.

Die Sunday Times berig Of Good Report is die eerste fliek wat nie geklassifiseer is sedert die rolprent- en publikasieraad (FPB) op die been gebring is nie.

Luidens die berig is die besluit geneem op grond van die uitbeelding van ‘n gesimuleerde seksdaad met ‘n 16-jarige leerling. Die karakter word deur ‘n 23-jarige aktrise vertolk.

“Die kinderpornografie-ding getuig van die grootse onkunde, onbevoegdheid en absolute onnoselheid,” het Jahmil XT Qubeka, regisseur, aan die koerant gesê.

Prince Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die FPB, het aan die koerant gesê die film word verbied omdat dit inhoud bevat waarin ‘n “onwettige daad” uitgebeeld word.

“Ons moet beklemtoon dat ons nie gewoonlik sal weier… dat die inhoud gesien word nie, maar in die belang van die beskerming van die kind en ons wette… is kinderpornografie een van die dinge wat nie wettiglik in die land toelaatbaar is nie.”

Die fliek se vervaardiger, Michael Auret, het na bewering appèl teen die raad se beslissing aangeteken. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.