Ons buurman, die despoot

Deel op

Image

Verjaar lekker…

President Robert Mugabe van Zimbabwe word vandag 83. Hy is steeds veglustig, ten spyte van ‘n wankelende ekonomie, groeiende onrus in die land en onsekerheid oor wie hom gaan opvolg.

Daar word tans koorsagtig geld ingesamel by firmas en gewone burgers om te betaal vir ‘n reuse verjaarsdagpartytjie wat Saterdag gehou gaan word.

Volgens die Wêreldbank gaan die Zimbabwiese ekonomie vinniger agteruit as enige ander land ter wêreld – oorlogsgebiede uitgesluit. Met werkloosheid geskat op 80%, die inflasiekoers wat nou op 1 600% staan en Zimbabwiese vroue wat oor die laagste lewensverwagting op die planeet beskik (34 jaar), wil dit voorkom of die bevolking dalk nou genoeg gehad het.
Deel op

Op 18 Februarie het die polisie padblokkades, traangas en waterkanonne gebruik om deelnemers aan ‘n (wettige) anti-regeringsbetoging te verdryf. Sedert die begin van die jaar was daar reeds verskeie stakings om hoër lone.

Morgan Tsvangirai, leier van die MDC, het ná die gebeure van 18 Februarie onderneem om alles moontlik te doen om Mugabe uit die stoel te lig. Sowat 130 mense is die vorige dag deur die polisie gearresteer.

Dit is nog nie ‘n uitgemaakte saak dat Mugabe volgende jaar, wanneer sy termyn verstryk, gaan aftree nie. ZANU-PF is tans besig met planne om die 2008 presidensiële verkiesing met twee jaar uit te stel, maar nie almal in die party stem hiermee saam nie. Mugabe is al sedert 1980 aan bewind.

Die Europese Unie het eergister hulle sanksies teen Zimbabwe met nog ‘n jaar verleng.

Intussen het Mugabe gisteraand in ‘n TV-onderhoud wat in Zimbabwe uitgesaai is, gesê dat daar geen “vakature” vir die presidentspos bestaan nie. Hy het diegene in ZANU-PF wat hulle tans posisioneer om hom op te volg, gewaarsku. Hy het soos gewoonlik teen Tony Blair te velde getrek en het verder die meerderheid ministers in sy kabinet as “oneerlik” en “korrup” bestempel.

Joyce Mujuru, vise-president van Zimbabwe, en Emmerson Mnangagwa, minister van landelike behuising, word tans as die sterkste aanspraakmakers op Mugabe se pos gesien.

купить подоконник данкеДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.