Mediaverklaring – News Cafe

Deel op

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 4 JANUARIE 2007

PRAAG vra alle Afrikaners, Afrikaanssprekendes en diegene wat Afrikaanse goedgesind is om die News Café-ketting met onmiddellike ingang te boikot in die lig van die verbod op Afrikaanse musiek by News Café.

Deel op

Nie net het News Café die vermetelheid om inheemse Afrikaanse musiek (selfs in oorwegend Afrikaanse gebiede) te verbied nie, maar spyskaarte en ander publisiteitsmateriaal is slegs in Engels beskikbaar.

Geruime tyd reeds beskou sekere Engelstalige ondernemings die huidige politieke bedeling met sy eentalige neiging as carte blanche om chauvinistiese anti-Afrikaanse sentiment uit die negentiende eeu te laat botvier.

Dus is dit hoog tyd dat sulke ondernemings ‘n les geleer word. News Café sal geboikot word totdat:

  • Afrikaanse musiek vrylik daar gespeel word.
  • Alle spyskaarte in Standaardafrikaans wat deur ‘n goedgekeurde taalversorger hersien is, vir alle klante beskikbaar is.
  • Die bestuur van News Café verskoning aan die Afrikanervolk aangebied het vir sulke onbehoorlike, chauvinistiese gedrag.

Kontakpersoon: Dan Roodt абажур с гималайской солью для баниФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.