Vandag is Mandela se 37ste dag in die Mediclinic

Deel op

Gekleurde ballonne, mandjies blomme en Suid-Afrikaanse vlae is van die items wat buite die Mediclinic-harthospitaal in Pretoria gelaat is waar oudpresident Nelson Mandela steeds in ‘n ernstige toestand verkeer.

Mense het vandag die muur in Celliersstraat besoek en vir foto’s daarvoor geposeer.

Die hoop boodskappe neem steeds toe, met organisasies wat hul beterskapwense daarby voeg. Een beterskapsplakkaat was afkomstig van die Pretoriase Landdroshof en ‘n ander van die Universiteit van die Vrystaat.

Wit mediatente staan in ‘n ry met die straat af en joernaliste het skuiling teen die middaghitte gesoek terwyl hulle die situasie steeds dophou. Die polisie bewaak steeds die hospitaalingang.

Vandag, Sondag, is Mandela se 37ste dag in die hospitaal. Hy is op 8 Junie met ‘n herhaalde longinfeksie opgeneem.

Die presidensie het verlede week gesê dat sy toestand steeds ernstig maar stabiel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.