‘n Misdaad om blank te wees

Deel op

Op die aand van 26 Februarie, 2012, in die Amerikaanse deelstaat Florida, bemerk ‘n man van Peruviaanse herkoms, George Zimmerman, ‘n agterdogtige karakter wat in sy ommuurde woonbuurt rondsluip. Ten spyte van die reën, loop die verdagte rond en kyk na die huise. Die verdagte is nie ‘n inwoner van die buurt nie.

Zimmerman bel die polisie en meld dié verdagte gedrag aan. Terwyl hy nog met die polisie op die foon is, klim Zimmerman uit sy voertuig en konfronteer die sluiper. Die sluiper en Zimmerman raak handgemeen. ‘n Ooggetuie getuig later dat hy sien hoe die sluiper Zimmerman se kop herhaaldelik teen die sypaadjie stamp terwyl Zimmerman op die grond lê. Polisiefoto’s wys snye teen Zimmerman se agterkop, wat volledig strook met Zimmerman en die ooggetuie se weergawe van gebeure.

Zimmerman tree uit selfverdediging op, en skiet die sluiper in die hart. Ná vyf ure se ondervraging word Zimmerman vrygelaat deur die polisie, aangesien dit duidelik vir alle redelike persone is dat Zimmerman inderdaad ter selfverdediging opgetree het.

Later blyk dit dat Trayvon Martin, die sluiper, geen engeltjie was nie. Alhoewel dit slegs Februarie was, was Martin reeds vir drie maal daardie skooljaar geskors agv wangedrag. Hy is betrap met vrouensjuwele in sy rugsak, asook ‘n skroewedraaier, nádat hy graffiti op ‘n deur by sy skool uitgekrap het. ‘n Polisieman beskryf dit as “burglary tools”. Hy is ook in die besit van dagga betrap, en ten tye van sy dood was laasgenoemde die rede vir sy skorsing.

Net jammer die libgestremde media asook die anti-rassismefanatici, waaronder president Obama, kan nie van redelikheid beskuldig word nie. Die feite maak vir ‘n fanatikus geen saak nie. Ras maak wel saak wanneer ‘n swarte deur ‘n blanke geskiet word, en selfs ‘n gedeeltelik blanke persoon mag himself nie verdedig teen swart misdaad nie. Zimmerman is kwalik ‘n tipiese Angel-Saksiese, Protestantse hillbilly; hy is ‘n Katoliek en ook nie 100% blank agv sy Peruviaanse bloed nie. Hy is egter blank genoeg vir die woedende linkse media. Ten spyte daarvan dat dit agt maal meer waarskynlik is dat ‘n blanke deur ‘n swarte vermoor sal word as andersom, en dat blank-op-swart verkragtings vir alle praktiese doeleindes weglaatbaar min voorkom, word George Zimmerman eensklaps die booswig, volgens ‘n histeriese koor van woedende linkse media en libgestremdes.

President Obama laat ook nie op hom wag nie. Obama het nog nooit ‘n woord gerep oor endemiese swart-op-wit geweldsmisdaad nie, maar raak nietemin by hierdie saak betrokke. Hy gebruik weliswaar nie die r-woord nie, maar maak die interessante opmerking dat die oorledene, Trayvon Martin, Obama se eie seun kon gewees het. Gegewe Martin se verlede, sou huisbraak en daggarook dus vermoedelik vir Obama aanvaarbare gedrag wees, as hy ‘n seun gehad het. Laat hy sy dogters dus ook toe om crack te rook en hul liggame te verkoop aan die handelaars, wonder ek, aangesien laasgenoemde tipiese gedrag onder sekere gemeenskappe in die VSA is?

Onder intense druk van die media, asook die absurde inmengery vanuit die Withuis, bedank die plaaslike polisiehoof. Die Floridase staatsaanklaers, in weerwil van alle redelike getuienis, besluit tog om Zimmerman te vervolg, met voorspelbare gevolge. Gisteraand word Zimmerman deur ‘n jurie onskuldig bevind.

Uit vrees vir rasse-onluste word die plaaslike polisie op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas. Kennelik was die Amerikaanse polisie bang dat, sou Zimmerman wel skuldig bevind word, dit die blankes sou wees wat in opstand sou kom; wat amok sou maak, brand sou stig, plunder soos tydens Orkaan Katrina in New Orleans, en lukraak swart vrouens sou verkrag. (Goed, ek is sarkasties.)

Watter boodskap kan ‘n mens uit dié gebeure aflei? Slegs een: In die kranksinnige linksgestremde wêreld waarin ons leef, het George Zimmerman ‘n dure les geleer. Dit is ‘n misdaad vir blankes om hul eiendom en selfs hul lewens teen swart misdadigers te beskerm. Kort voor lank sal dit ook waarskynlik ‘n misdaad wees bloot om, soos Zimmerman, selfs net gedeeltelik blank te wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.