Zimmerman vrygespreek in opspraakwekkende Amerikaanse rassesaak

George Zimmerman
Deel op

George ZimmermanGeorge Zimmerman is gister op alle klagtes vrygespraak nadat hy ‘n ongewapende swart tiener Trayvon Martin in Sanford, Florida, in Februarie vanjaar doodgeskiet het.

NUUT!

Indien hy skuldig bevind was, sou die 29-jarige vrywillige patrollielid van ‘n buurtwag, wat beweer dat ter selfverdediging geskiet het, ‘n lewenslange vonnis vir moord of tot 30 jaar vir manslag ontvang het.

‘n Paneel van ses vrouejurielede het die uitslag in die saak gelewer. Die saak het ‘n nasionale debat in die VSA ontketen rondom kwessies soos ras en rasprofilering, na aanleiding van die verhoor wat op 10 Junie in die Seminole-distrikshof begin het.

Lees ook dié meer volledige berig op die Engelse Praag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.