Toyota met Kurt Darren se lugsakke het nie ontplooi

Deel op

Die voorste lugsakke in die Toyota Fortuner waarin die sanger Kurt Darren en twee vriende in ‘n ongeluk oor die naweek betrokke was, het nie gedurende die botsing ontplooi nie, berig Beeld vandag.

Slegs die lugsak in die linker- voorste deur, waar die sanger gesit het, het tydens die botsing ontplooi. Beeld publiseer ‘n foto van die wrak, wat toon dat die voorste twee lugsakke nie gewerk het nie.

Darren se familie sê hulle vermoed dat dit die rede was waarom hy ‘n stamp teen die kop gekry het, wat moontlik sy optiese senuwee beskadig het, aangesien hy sedert die ongeluk aanmekaar dubbel sien.

Darren het agt ribbes in die ongeluk gebreek en sterk intussen in die Milparkhospitaal in Johannesburg aan.

‘n Woordvoerder vir Toyota, Leo Kok, sê dat sy maatskappy nog nooit ‘n voertuig gehad het waarvan die lugsakke nie ontplooi het toe dit nodig was nie.

“Vir die ontplooiing van ‘n lugsak tydens ‘n botsing, is daar verskeie vereistes. Die krag en die hoek van die slag van die voertuig sal bepaal watter lugsakke, indien enige, ontplooi. Sonder om die voertuig self te ontleed, is dit onmoontlik om te bepaal watter faktore ‘n rol gespeel het.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.