Makaziwe Mandela lieg glo in hof

Deel op

Die Sunday Times berig dat David Smith – ‘n advokaat wat die oudpresident se Amerikaanse dogter, Makaziwe, en 15 ander verdedig – valslik aan waarnemende regter Lusindiso Pakade gesê dat die familie aangeraai is om die siek staatsman se lewensondersteuningsmasjiene af te skakel, aangesien hy in ‘n “permanente vegetatiewe toestand” was.

Die koerant het sedertdien vasgestel dat daar nooit so ‘n mediese beëdigde verklaring opgestel is nie.

Die gejaagde hofbeslissing om drie van oudpres. Nelson Mandela se kinders op Qunu in die Oos-Kaap te herbegrawe, is glo op ‘n leuen gebaseer.

Waarnemende regter Pakade het geweier om sy beslissing met die Sunday Times te bespreek. Smith het nie die koerant se oproepe en boodskappe geantwoord nie. Makaziwe het aan die koerant gesê om haar nie weer te bel nie.

Die bewering dat die oudpresident se dokters in ‘n beëdigde verklaring sou getuig dat hy in ‘n permanente vegetatiewe toestand was, het die waarnemende regter genoop om Makaziwe se eis teen haar neef Mandla te bespoedig.

Prokureur Wesley Hayes, aangehaal deur Smith as die bron van die verslag oor Mandela se “haglike toestand”, het geweier om te sê wie die verslag dat die dokters die gesin aangeraai het om Mandela te laat sterf, verskaf het.

Dit blyk uit verskeie bronne, insluitend Mandla Mandela, sowel as mediese personeel verbonde aan die span wat die voormalige president in die MediClinic Hart-hospitaal in Pretoria behandel.

Die valse bewering dat Mandela se dokters sal getuig in ‘n beëdigde verklaring dat hy in ‘n permanente vegetatiewe toestand is, het Pakade genoop om Makaziwe se eis teen haar neef, Mandla, vir beheer oor die liggame van haar drie broers en susters te versnel.

Die Amerikaanse Makaziwe het reeds ingestem dat die Amerikaanse uitsaaier CNN die begrafnis eksklusief dek, glo in ruil vir ‘n groot som geld.

Die voorsitter van die Oos-Kaapse Balieraad, Gerald Bloem, het gesê Smith se gedrag sal ondersoek word as ‘n formele klag gelê word.

Hy het gesê dit is “ontstellend” en “vreemd” dat dringendheid ‘n kwessie was, op die basis van ‘n mediese verslag wat nie verstrek is nie.

Mandla Mandela se prokureurs sal blykbaar ‘n klag by die raad indien.

Die Sunday Times het probeer om oor ‘n paar dae kommentaar te kry van Makaziwe. Al wat sy wil sê is: “Ek wil nie kommentaar aan die Sunday Times gee nie en ek het gesê julle ouens moet ophou om my te bel.”

‘n Militêre bron, wat toesig oor Mandela se sorg hou, het gesê dit is “hoogs onwaarskynlik” dat die betrokke medici die beëdigde verklaring sou verskaf.

Hoewel haar naam op die aansoek vir dringendheid verskyn het, het Winnie Madikizela-Mandela glo nie die dringendheidsaansoek ondersteun nie.

“As dit is bewys word dat Madiba se gesondheidstoestand misbruik is om die regstelsel te mislei, dan is dit ‘n hartseer dag vir ons almal,” het Mandla gesê.

Mandla se prokureur, Hymie Zilwa, bevraagteken hoe die regter ‘n finale bevel kon uitgereik het sonder hulle teenwoordigheid.

“Daar was ook geen bevestigende beëdigde verklarings van die res van die aansoekers nie, wat basies sê dat Makaziwe gemagtig was om die res van die aansoekers te verteenwoordig,” sê Mandla se regsverteenwoordiger.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.