Gerugte rondom Mandela

Deel op

Die SAPS het gister te velde getrek teen ‘n reeks e-posse en ‘n sms-veldtog waarin blankes gewaarsku word dat oud president Nelson Mandela tans in ‘n koma verkeer en dat swartmense blankes gaan begin aanval sodra hy sterwe.

Sally de Beer, woordvoerder vir Jackie Selebi, het gister gesê die boodskappe het blankes verder aangesê om na “veilige areas“  te vertrek en om hulleself te beveilig. Sy het ontken dat daar enige waarheid in die boodskap steek. Volgens haar is die gerugte deur ‘n groep genaamd Suidlanders, onder leiding van Gustav Muller, versprei. De Beer meen dat daar met die veldtog beoog is om “rassehaat en histerie“ onder die bevolking aan te wakker.

Zelda la Grange, Nelson Mandela se assistant, het gister ‘n persverklaring uitgereik waarin sy sê dat Mandela tans in Mosambiek vakansie hou en dat hy nie siek is nie. Skynbaar doen hierdie gerugte al maande lank die rondte. “Ten spyte van ons pogings om dit te ontken, duik hierdie gerugte telkens weer op en word dan verder versprei,“ het sy gesê.

такое хамамДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.