Gaan kuier vir ouma, of dis tronk toe!

Deel op

‘n Chinese wet het Maandag in werking getree wat boetes of tronkstraf vir kinders inhou wat nie hul ouers besoek nie.

‘n Dogter van ‘n Chinese bejaarde vrou is beveel om haar ma  ten minste een keer elke twee maande te besoek. Dit was die eerste vervolging onder die nuwe wet die bejaardes te beskerm.

Die wet is uitgevaardig te midde van stygende kommer dat China se vinnige ontwikkeling sy tradisionele uitgebreide families onder druk plaas weens ‘n toenemende aantal “leë nes” huise.

Verslae oor bejaardes wat verwaarloos of mishandel word deur hulle kinders het die land geskok.

‘n Egpaar van Wuxi, in die oostelike provinsie Jiangsu, het ingestem om te sorg vir die bejaarde vrou, maar het haar nog nie besoek nie, want sy woon by seun.

Die hof in Beitang-distrik het besluit dat die egpaar die moeder móét besoek, ten minste een keer elke twee maande, en op ten minste twee van China se nasionale vakansiedae.

Dit het ook gesê die egpaar kan vergoeding betaal as hulle haar nie besoek nie.

Die wet op die beskerming van die regte en belange van die Bejaarde sê dat familielede hul familie ouer as 60 “dikwels” moet besoek, maar gee nie ‘n presiese definisie van die term nie.

Kenners het kommer uitgespreek dat die nuwe wet moeilik sal wees om af te dwing en China se webgebruikers spot daarmee as ‘n “belediging vir die volk”.

Die wet is in Desember gewysig na gereelde verslae van bejaarde ouers wat deur hul kinders verwaarloos word. Dit sê kinders van ouers ouer as 60 moet toesien dat daar daagliks aan hulle finansiële en geestelike behoeftes voldoen word.

Alhoewel respek vir die bejaardes diep ingeburger is in die Chinese gemeenskap, het drie dekades van markhervorming China se tradisionele uitgebreide familie onder druk geplaas, en daar is min bekostigbare alternatiewe, soos aftree-oorde.

Meer as 14% van China se bevolking, of 194 miljoen is ouer as 60, volgens die jongste syfers.

Die VN beraam dat, teen 2050, sal 30% van die Chinese 60 of ouer wees. Die wêreldwye gemiddeld is 20%.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.