Die Afrikaner-volksmoordontkenners

Deel op

Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook.

Volksmoord verwek, om verstaanbare redes, baie sterk emosies. In Europese lande soos Duitsland is dit ‘n kriminele oortreding om te beweer dat die Nazi’s se moord op Jode, Oos-Europeërs en Sigeuners nie plaasgevind het nie, of selfs te probeer betwis dat die omvang daarvan nie so groot was soos wat deur die historici beweer word nie. Jy kan toegesluit word en in die tronk gaan sit, as jy op ‘n seepkissie in Berlyn sou gaan staan en die werklikheid oor Auschwitz probeer ontken.

Dit sou veral absoluut ondenkbaar wees vir die oorweldigende meerderheid Jode om te probeer ontken dat daar ‘n volksmoord op hulle volk in die 1930s en 1940s plaasgevind het. Veral Jode wat in Israel woon, sou dit ondenkbaar vind.

Helaas moet ons toegee dat daar Afrikaners is wat nie juis van dieselfde stoffasie gemaak is as jou deursnit-Sabra in Israel nie. Hoe dikwels lees mens nie iets in die volgende trant nie, dikwels gepen deur ‘n mede-Afrikaner, wat dronk is op die liberalisme, en wat verwar is deur die hoofstroommedia se nimmereindigende reënboog-propaganda:

“Misdaad het nie ‘n kleur nie. Almal word getref deur misdaad.”

Nee, dan is als reg, hoor, wil ek daardie tipes sarkasties toesnou – omdat mense in dwelmoorloë in Meksiko sterf, is dit gevolglik sommer in die haak dat Afrikaners in SA deur barbare van ander volke vermoor word. Ek vind dit moeilik om my opperste irritasie met so ‘n absurde redenasie te bedek.

Die Nazi’s het immers ook hulle Aktion T4-program gehad, wat gestremdes en sielsiekes uitgewis het. Hierdie was dikwels nie Jode nie, maar rasegte Volksdeutsche. ‘n Apologeet vir die moord op Jode kon presies die argument hierbo, mutatis mutandis, van toepassing gemaak het om die Nazi’s se optrede te probeer regverdig: “Dit was aanvaarbaar om die Jode te vermoor, want die Nazi’s het mos ook hul mede-Duitsers vermoor. Jode en Duitsers het dus beide daaronder gely, dus was Auschwitz in die haak.”

‘n Selfs meer absurde verskoning wat gebesig word deur die libgestremde en linksverkrampte, is die volgende een, wat almal van ons al teëgekom het:

“Dis net gewone misdaad.”

Goed, vir die Markies de Sade was die meeste perversies, maak nie saak hoe grotesk dit was nie, seker ook “gewoon” en “normaal”, en ja, Mandelatopië is weliswaar ‘n sadistiese samelewing. Vir ‘n libgestremde wat ‘n aanhanger van die sadistiese Mandelatopië is, is dit dus moontlik normal en gewoon as ‘n bejaarde met ‘n strykyster gemartel word, of as ‘n driejarige dogtertjie aan die hare opgetel word en deur die kop geskiet word.

Vir die res van ons, wat nie libgestremdes is nie, is sulke optrede egter nie net abnormaal nie, maar wek dit emosies wat alle normale perke van afgryse en woede oorskrei, en soortgelyk is aan dié wat deur Sabras in Israel oor Auschwitz ervaar word. Dis óns mense wat vermoor word. Dit was ek en jy wat sáám Wiehahn Botes se lykie by sy huis in Delmas uitgedra het, soos wat die blanke polisieman huilend gedoen het.

En dan draai die libgestremde Mpumalangase DA-leier, Anthony Benadie, waaragtig om en blameer die slagoffer se volksgenote vir hul hartseer en woede, deur – na die tipiese fatsoen van die libgestremde – histeries “rassisme” te skree, toe die VVK buite die hof in Delmas gaan betoog het. Nee, Benadie, dis nié Afrikaners wat ‘n huis in Botleng (Delmas se lokasie) binnegeval het en ‘n swart baba van vyf maande oud gaan verwurg het nie. Waarom het jy nie rassisme geskree oor die moord op klein Wiehahn nie, Benadie?

Dis moeilik om te besluit wie my meer walg: Diegene wat volksmoord teen my mede-Afrikaners pleeg, of die adders in eie boesem wat hulself skuldig maak aan volksmoord-ontkenning, en rondtas om apologete vir diegene wat volksmoord teen my mense pleeg, te probeer wees.

Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook.

Lees ook sy vorige rubriek‘Rassisme’: Suid-Afrika se grootste industrie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.