Brug en ID-slimkaarte vir Mandeladag

Deel op

Die uitreiking van die ID-slimkaarte en die opening van ‘n nuwe brug is slegs ‘n paar geleenthede wat vir Mandela-dag beplan word, het die kabinet Dinsdag aangekondig.

Mandela-dag word jaarliks op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie gevier.

Die voormalige staatshoof sal vanjaar sy 95ste verjaardag vier.

“In hierdie moeilike tyd, laat ons liefde en begrip wys en Madiba trots maak,” het Phumla Williams, waarnemende kabinetwoordvoerder, gesê.

Mandela is steeds in ‘n kritieke toestand in die Medikliniek se Harthospitaal. Hy word sedert verlede maand vir ‘n herhalende longinfeksie behandel.

Williams het gesê die uitreiking van die nuwe ID-kaarte sal op 18 Julie begin.

Die kabinet het Dinsdag ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om op 18 Julie 67 minute van hul tyd op te offer om “hul gemeenskappe en Suid-Afrika vir goed te verander”.

Die kabinet het gesê vanjaar se tema is: “Neem aksie; inspireer verandering; maak elke dag ‘n Mandela-dag”, met die fokus op voedselsekuriteit, behuising en letterkunde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.