‘Rassisme’: Suid-Afrika se grootste industrie

Deel op

Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook.

Daar is ‘n grappie wat tans per epos versprei word, wat meer as ‘n greintjie waarheid bevat. ‘n Swart seuntjie vra naamlik vir sy ma: “Mamma, wat is die demokrasie?” Sy ma antwoord toe dat demokrasie die swart meerderheid toelaat om te stem vir ‘n regering, wat dan vir hulle huise bou en allerhande toelaes betaal, vir die wit belastingbetaler se rekening. Die seuntjie vra dan vir sy ma of die witmense wat al die belasting betaal, dan nie kla daaroor nie. “Ja”, antwoord die ma, “en dít noem mens rassisme.”

Dikwels-denkbeeldige rassisme kan letterlik enige iets beteken. So, byvoorbeeld, vind Makaziwe Mandela die mediabelangstelling in haar vader se komende dood “rassisties.” Nugter weet hoe sy by dáárdie gevolgtrekking beland het, maar daar het julle dit: Dis rassisties vir Agence France-Presse om kameras buite die Pretoriase Harthospitaal op te stel.

Sou sy reg wees, is dit wel vreemd hoe goed rassisme vir sogenaamde slagoffers van rassisme vir Makaziwe Mandela en die res van die Mandelas was. Was dit nie vir hul professionele slagofferstatus nie, was die spul Mandelas eintlik maar net nog ‘n versameling ondergemiddelde onbenulliges, en hierby sluit ek Nelson Mandela in.

Alhoewel almal, selfs president Obama oor die naweek, telkens na die mitiese “legacy of Madiba” verwys, is dit geensins duidelik wat daardie nalatenskap presies sou wees nie. Hy is vir 27 jaar toegesluit vir ‘n mislukte terreurkomplot, iets wat in ander lande selfs met die dood strafbaar is. Hy kon weliswaar vroeër vrygelaat gewees het, maar het deurgaans geweier om geweld af te sweer. Op Kodesa was dit ander mense, Cyril Ramaphosa en Joe Slovo, onder andere, wat die meeste van die onderhandelings gevoer het, en ná een ondergemiddelde termyn as president, met Thabo Mbeki wat in werklikheid die land agter die skerms regeer het, het Mandela met sy miljoene gaan aftree.

Ek vra dus weer: Wat presies, buiten om op dikwels-mitiese rassisme te teer en daaruit skatryk te word, is Mandela se nalatenskap presies? Die antwoord is eenvoudig: Mandela, wat al deur ‘n swart Amerikaanse skrywer as iemand van slegs gemiddelde intelligensie beskryf is, is eintlik maar bloot ‘n professionele slagoffer van dikwels-mitiese wit rassisme.

Dit is nie vergesog om te sê dat Suid-Afrika se grootste nywerheid nie die mynbou of landbou is nie, maar eerder muntslanery uit denkbeeldige blanke rassisme en die uitbuitery van professionele swart slagofferstatus. Dít is dan stellig ook Mandela se enigste ware nalatenskap: Hy was bloot ‘n leidende figuur onder professionele swart slagoffers.

Presies hierdie verskynsel, dié van professionele slagoffers van apartheid of rassisme, kan mens op die ganse ANC en al wat ‘n SEB-begunstigde is, van toepassing maak. Wit skuldgevoelens was nog altyd groot geld. Voor 1994 het Skandinawiese donateurs tou gestaan om geld te skenk wat deur professionele slagoffers soos Allan Boesak opgeslurp en verduister is. Swart ekonomiese bemagtiging is eweneens niks anders as ‘n reuse-afpersingskema om munt te slaan uit die denkbeeldige nalatenskap van apartheid, oftewel denkbeeldige wit rassisme nie. Maatskappye word gyselaar gehou en gedwing om aandele te oorhandig, anders is hulle “rassisties”.

Wanneer mens bostaande snap, wanneer jy besef dat denkbeeldige wit-op-swart rassisme eintlik ‘n geweldige groot industrie in Suid-Afrika en in ander plekke soos Amerika se kranksinnige linkse universiteite is, kry jy ‘n gans en al ander perspektief op dinge. Wanneer die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Djônnitin Jansen, byvoorbeeld te velde trek teen denkbeeldige blanke rassisme, is hy eintlik besig met selfbemarking, en regverdig hy sy aanstelling as rektor, iets wat hy kwalik op meriete sou kon verkry het. Wanneer Makaziwe Mandela teem dat die pers rassisties is, gaan dit in wese ook nie oor rassisme nie, maar is dit ook ‘n vorm van advertensie vir haar beroep as professionele slagoffer van rassisme, wat deur naïewe blankes opgevreet word en wat dan hul beursies gretiglik oopmaak om een of ander misplaaste skuldgevoel te probeer besweer. Daar is talle ander voorbeelde van hoe hierdie industrie bemark word, vanaf die Belydenis van Belhar, tot by bykans al wat ‘n rubriek in ‘n Nasperspublikasie is.

Gaan jy as blanke toelaat dat jy deurlopend bedrieg en belieg word deur hierdie industrie? O, nee, wag. Dit sou mos rassisties wees om jou daarteen te verset

Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.