Tanzani? verwelkom Olimpiese vlam

Deel op
Tanzanië het Saterdag die Olimpiese vlam verwelkom. Hooggeplaastes het toegekyk hoe ‘n Chinese amptenaar van die vliegtuig afstap Saterdagaand en die fakkel aan die burgemeester van Dar es Salaam oorhandig.
Deel op
 
Groot betogings het die fakkel se aflos in sommige lande gevolg waar betogers hulle misnoeë in China se menseregterekord laat blyk het. Die optog in Argentinië het egter Vrydag sonder voorval geskied. Op talle plekke soos in Turkye en Australië was daar ook geen betogings nie.

Tanzanië se Olimpiese Komittee het vooraf gesê dat geen straatbetogings of pogings om die fakkel te blus verwag word nie.

Die fakkel is Sondag na Oman.

to buildтопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.