Ermelo: die stryd gaan voort

Deel op

Die Hoër Hof in Pretoria het gister besluit dat die Hoërskool Ermelo nie mag appelleer teen die besluit wat die skool dwing om Engelssprekende leerlinge toe te laat nie.

Volgens regter Willie Seriti sal die skool se aansoek tot appèl “meer as ‘n honderd kinders wat by die huis sit en dringend onderrig benodig” benadeel.

Seriti het bepaal dat die regters nie redes vir hulle besluit hoef te gee nie en dat die skool se beheerliggaam in elk geval geen gronde het om teen die regters se bevel te appelleer nie.

Deel op

Verlede week het Bernard Ngoepe, die Transvaalse regter-president, asook regters Seriti en Natvarial Ranchod, ‘n vroeëre besluit van regter Bill Prinsloo nietig verklaar. Regter Prinsloo het hom ten gunste van die skool se beleid om net in Afrikaans te onderrig, uitgespreek. Dieselfde groep regters het ook aan minister Naledi Pandor verlof toegestaan om tussenbeide te tree in die geskil tussen die skool en die onderwysdepartement van Mpumalanga. Die onderwysdepartement wou naamlik die skool se beheerliggaam met ‘n komitee van hulle eie keuse vervang, wat op Engels as onderrigmedium aangedring het.

Die minister se regsverteenwoordiger het die skool gister daarvan beskuldig dat hulle die departement “lastig val”, die hof mislei en probeer om die besluit oor Engels so lank as moontlik uit te stel.

Adv Johan du Toit, wat die Hoërskool Ermelo se beheerraad gister verteenwoordig het, wou van die departement bewyse hê van die kinders wat glo by die huis sit. Dit bly ook dat een van die ouers wat saam met minister Pandor ‘n aansoek ingedien het – aangesien haar kind kwansuis toegang tot graad 8 geweier is – reeds die graad in ‘n ander skool geslaag het.

Die Hoërskool Ermelo, wat in 1914 tot stand gekom het, is bekend vir sy uitstekende akademiese standaarde. Op 27 Februarie word ‘n byeenkoms beplan om die skool in sy stryd teen die onderwysdepartement te ondersteun.

строительство бани из профилированного брусатопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.