Weermag op gereedheidsgrondslag vanweë Mandela

Deel op

Beeld berig dat die weermag op 24 uur-bystand geplaas is en van die lugmag se vlugbemannings is gewaarsku om hul selfone te alle tye by hulle te hou terwyl die hele land asem ophou oor oudpres. Nelson Mandela.

Soldate is reeds toe Mandela sowat tien dae gelede begin siek word het, gewaarsku dat die weermag se gebeurlikheidsplan van krag is.

Die presiese bepalings van dié plan is egter “uiters geheim” geklassifiseer en word dus nié bekend gemaak nie.

Die geniekorps, wat gemoeid is met die inrig van geriewe en infrastruktuur, het reeds in die Oos-Kaap gehelp om die water- en elektrisiteitstoevoer na van die betrokke gebiede te help verbeter.

Volgens Beeld sal “nagenoeg 1 200 soldate betrokke wees indien Mandela se gesondheid ‘n keerpunt bereik.

Dié betrokkenheid sluit alles in van vlugte tot die ontvangs van BBP’s en seremoniële vertoon.”

1 Militêre Hospitaal het ook ‘n bystandkamer vir Madiba gereed, sou daar om een of ander rede ‘n behoefte ontstaan vir ‘n alternatiewe hospitaal as die Medi Clinic-harthospitaal in Pretoria waar hy tans versorg word.

Die weermag is in die Oos-Kaap besig met Oefening Shared Accord, ‘n oefening saam met die Amerikaanse weermag.

Na wat verneem word, kan die soldate wat dáárby betrokke is ook na Madiba se tuisdorp Qunu verskuif word om hulp te verleen as dáár ‘n behoefte sou ontstaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.