Burgemeester laat opponent vermoor

Deel op
Die liggaam van ‘n man wat vermoedelik deur die burgemeester van Bosbokrand vermoor is, is Vrydag opgegrawe. Dit kom ‘n dag na die inhegtenisname van burgemeester Milton Morema en munisipale amptenaar Lakios Mosoma.
Deel op
Hulle word daarvan aangekla dat hulle Jeffrey Sedibe vermoor het.  Hy het R17 000 van hulle geëis nadat hulle hom die bedrag belowe het om ‘n politieke opponent, Motion Mashile, te laat vermoor. Mashile is dood aangetref in ‘n straat in Acornhoek in 2003.

Die graf van die vermoorde Sedibe is uitgewys deur sy oom, volgens ‘n polisiewoordvoerder. Die oorblyfsels sal vir forensiese toetse gestuur word.

Morema en Mosoma het in die Nelspruitse streekshof verskyn, maar die saak is uitgestel.

boost followersФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.