Swart jeugonluste in die Sweedse hoofstad Stockholm het die vyfde agtereenvolgende nag gewoed. Honderde immigrantetieners het deur die voorstede getrek, vensters gebreek en motors gebrand in die land se ergste uitbraak van geweld die jaar.
Ten minste ses voertuie is aan die brand gesteek in die stad laat Donderdag, terwyl die polisie versterkings van ander Sweedse stede ontbied het om verdere onrus te probeer onderdruk.
Brandbestryders was die hele nag besig om die vlamme van verskeie brandende motors en ‘n skool in immigrantgebiede van Stockholm te blus.
Die vorige aand is die brandweer na sowat 90 verskillende brande uitgeroep. Op die vierde nag van geweld, het jeugdiges meer as 30 motors in 15 woonbuurte asook ‘n restaurant in Skogas, suid van Stockholm, in puin gelê. Drie wetstoepassers is beseer, het die polisiewoordvoerder Kjell Lindgren berig.
Stockholm se brandbestryders sê hulle het 90 brande gerapporteer in totaal en “nog nooit tevore gesien dat so baie vure woed op dieselfde tyd nie”.
Leiers van immigrantegemeenskappe was uit op die strate in ‘n poging om jong mense te verhoed om terreur te saai. Ten spyte van hul pogings, het groepe motors aan die brand gesteek toe dit aand word. Oproeriges het klippe gegooi na die polisie en joernaliste.
Die meeste van die oproeriges is glo werkloos.
Immigrante is tans sowat 15 persent van die bevolking. Hierdie immigrante het versuim het om te integreer in die Sweedse samelewing, en is slegs in die land om die maatskaplike voordele te geniet, sê die Sweedse joernalis Ingrid Carlqvist.
“Die mense kom hier aan, want hulle weet dat Swede sal hulle geld vir niks gee. Hulle hoef nie te werk nie, nie belasting te betaal nie – net hier bly en ‘n klomp geld kry. Dit is regtig ‘n probleem, ” het Carlqvist bygevoeg.