Christo van der Rheede se ANC-gedienstigheid

Deel op

Christo van der Rheede is die uitvoerende hoof van die AHi. Hy is in hierdie pos aangestel nadat hy die hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans was. Toe het hy ampshalwe veral bruines aangemoedig om lojaal aan Afrikaans te wees, maar hy het sy eie kinders in Engelse skole geplaas. Dit was nie erg genoeg om die transformasiesug van die AHi te demp nie. Van der Rheede moes opsluit die hoofpos by die AHi beklee.

Die aandag word deesdae graag daarop gevestig dat hierdie onderneming die AHi heet en nie meer die Afrikaanse Handelsinstituut nie. Nadat hy in hierdie pos aangestel is, het Van der Rheede dadelik aan Afrikaanse sakekamers die ANC-leviete voorgelees waarvolgens hulle nie eksklusief blank en Afrikaans mag wees nie. Dit is wesenlik dieselfde evangelie as wat Russel Botman aan die Universiteit Stellenbosch verkondig. Maar teen eksklusief swart ondernemings, soos dié wat die ANC-regering as swart ekonomiese bemagtiging met behulp van staatsteun tot stand bring, uiter Van der Rheede geen woord van kritiek nie. Dus, blanke ondernemings moet etnies en taalgewys inklusief wees en sonder owerheidsubsidie klaarkom en natuurlik belasting aan die staat betaal. Swart ondernemings, daarenteen, mag etnies en taalgewys eksklusief swart en Engels wees en boonop die voordeel van staatsteun geniet.

Van der Rheede hou van publisiteit. Die teks wat hy lewer, reken hy dermate as pêrels dat hy hulle graag op meer as een plek publiseer, bv in Rapport en op LitNet. Ek vestig vervolgens die aandag op die jongste drie gevalle.

In Rapport (28 April) en LitNet (3 Mei) kom Van der Rheede met die twyfelagtige stelling dat Plato die invloedrykste filosoof is. Dan vertel hy dat die gehalte van die lewensomstandighede in bv ‘n woongebied deur die aktiewe burgery bepaal word. In die nuwe Suid-Afrika ervaar ek dat ons met rommelstrooiery, betogings, optogte, vandalisme, eksponensiële misdaad en nie-betaling vir bv dienste geteister word, asook met snood ondankbaarheid vir wat blankes oor eeue hier tot stand gebring het. Die blankes kan so aktief soos moontlik in politieke sake wees, maar dit sal myns insiens waarskynlik nie ‘n snars verbetering aan hierdie onverkwiklike toedrag van sake bring nie.

Die rede is voor die hand liggend. Anders as voorheen is daar nou meerderheidsregering en teen anti-sosiale elemente in daardie meerderheid word nie doeltreffend opgetree nie. Die nuwe Suid-Afrika is immers op suksesvolle geweldadigheid gegrondves en daardie suksesresep word veral in daardie etniese groep voortgesit. Pleks van die werklikheid onder oë te hou, verklaar Van der Rheede in die ANC-idioom: “Die dorp se mense [is] verenig in hul pogings om ‘n eersterangse dorp te skep.”

Vervolgens noem Van der Rheede die duur en onnodige euwel van konsultate en van onbekwame amptenare. “As mense met die vereiste kundigheid aangestel is” kon die skandalige chaos myns insiens op die vlak van die sentrale, provinsiale en plaaslike regering vermy gewees het. In die ou Suid-Afrika was hierdie euwels en chaos en ondoeltreffendheid feitlik onbekend. Maar Van der Rheede erken dit nie. Ook nie dat dit nie net wenslik nie maar noodsaaklik is dat die beste mense sonder rassediskriminasie in poste aangestel behoort te word.

Die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika funksioneer, is foutief. Die uitvoerende hoof van die AHi moet dit nie net insien nie, maar behoort dit ook te erken. Pleks daarvan pak Van der Rheede die skuld op hierdie vae frase: “gebrek aan aktiewe burgery.” Die punt is dat daar in die meerderheidsgroep hoogs aktiewe sektore is, maar die aktiwiteite is dikwels van ‘n anti-sosiale en destruktiewe aard. So lank dit die geval is, is die “visie om ‘n eersterangse dorp te skep” ‘n illusie wat nie verwerklik sal word nie.

Wat doen die AHi omtrent hierdie “uitdaging” wat, anders as in die geval van die ou Suid-Afrika, so eie aan die nuwe Suid-Afrika is? Daar is die AHi se Business adopts Municipalities-projek. Let op die Engelse naam wat kenmerkend van die AHi in sy nuwe gedaante is. Ook net “Business” en nie “Afrikaans Business” nie. Raadslede en amptenare word deur die AHi opgelei sodat hulle vorentoe hopelik beter kan funksioneer. ‘n Baie korter pad na beter dienslewering en met minder beslommernis en finansiële skade sou myns insiens wees as kwalitatiewe vereistes (bv funksionele geletterd en matriek of verkieslik ‘n graad) aan alle politici en raadslede gestel en amptenare op ‘n nie-rassistiese grondslag suiwer ingevolge bekwaamheid, formele kwalifikasies en ondervinding aangestel word. Op hierdie manier sou gouer en beter resultate behaal word, maar Van der Rheede noem dit nie, want sy ANC-gedienstigheid laat dit nie toe nie.

Op LitNet (9 Mei) het Van der Rheede groot lof vir Trevor Manuel se Nasionale Ontwikkelingsplan gehad. ‘n Mede-bruine en ANC-kameraad kan mos iets lewer wat goed is. ‘n “Duidelike toekomsroete” word glo uitgestippel. Maar soos ons die ANC ken, word die behoeftes van net ‘n deel van die bevolking aangespreek, vandaar die klem op bv behuising, water- en elektrisiteitvoorsiening, sanitasie, gesondheidsorg; almal in die konteks van gratis of gesubsidieerde verskaffing. Van der Rheede noem ook werkskepping. In ‘n land waarvan gesê word dat daar ‘n nypende tekort aan kundigheid is, is die voor die hand liggende vereiste myns insiens dat alle poste op ‘n nie-rassistiese grondslag vir almal toeganklik moet wees. Uit eerbied vir en solidartiteit met die ANC noem Van der Reede dit natuurlik nie.

In sy jongste skrywe (Rapport, 19 deser) verwys Van der Rheede, sonder om Solidariteit by die naam te noem, na die hofsaak waarin bruines van die departement korrektiewe dienste kla omdat hulle nie bevorder word nie. Bruines is volgens Van der Rheede “‘n gemeenskap wat toegewyd is tot ‘n nie-rassige samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte en om op alle vlakke ‘n bydrae [te] lewer om die verdeeldheid te heel.” Dit is nogal ‘n indrukwekkende getuigskrif wat hy vir sy eie etniese groep uitskryf. Kom ons ontleed hierdie aanhaling.

Gaan dit hier om nie-rassigheid, geregtigheid, eenderse menseregte vir almal en die uitwissing van verdeeldheid? Die antwoord op al vier hierdie items is negatief. Nie ‘n enkele van die betrokke bruin klaers het hom/haar tot nie-rassigheid verbind nie. Hulle is dit almal eens dat hulle in dieselfde mate as swartes ten koste van wittes bevoordeel wil word. Nie een verklaar onomwonde dat rassediskriminasie afgeskaf moet word en dat wittes die gelyke geleenthede gegun moet word waarna die ANC so dikwels verwys nie. Die waarheid is myns insiens dat nie-wittes nie kans sien om op gelyke voet met wittes om poste mee te ding nie. Daarom is daar by nie-wittes absolute solidariteit ten gunste van blatante rassediskriminasie teen wittes. Daarom is daar hier ook nie sprake van geregtigheid, eenderse menseregte of die uitwissing van verdeeldheid nie. Hierdie klaers verlang dat die verdelingslyn getrek word tussen, aan die een kant, die bevoordeling van alle nie-wittes en, aan die ander klant, blatante rassistiese benadeling van wittes.

Dit is klaarblyklik ook Van der Rheede se standpunt. Maar hy gaan verder met sy bevoordelingsug vir sy eie etniese groep. Daar moet glo versnelde grondoordrag aan bruin boere wees en bruin nie-boere moet nie net woongrond en huise ontvang nie, maar sommer ook grond vir sakegebruik. Hy vaar nie in beginsel uit teen die instroming van inkommers nie, maar net in soverre dit bruines benadeel. Hy veg openlik vir sy eie mense en laat geen ruimte vir die gelyke behandeling van wittes nie.

Van der Rheede se hoofgrief is die onderskeid wat in die praktyk tussen “Coloured” en “African” gemaak word. Albei groepe moet volgens hom in dieselfde mate swart verklaar en bevoordeel word. Dit gaan dus vir Van der Rheede om anti-blanke solidariteit. Let op die volgende moedwillig misleidende stelling van Van der Rheede: “Om egter laer te trek en anti-swart of anti-regering-sentimente te propageer, neem ons terug na apartheid.” Van der Rheede se pro-swart- (veral pro-bruin-) en pro-ANC-sentiment en sy anti-blanke gesindheid kan myns insiens nie betwyfel word nie.

Ampshalwe word Van der Rheede deurgaans gekniehalter deur sy ANC-gedienstigheid wat funksioneer soos ‘n handrem wat die hele tyd aan is. Met hom aan die stuur, kan die AHi kwalik hoop om optimale resultate te behaal. Dit moet ‘n groot aanpassing van Afrikaner-sakelui verg om by die nuwe uitvoerende hoof van die AHi aan te pas. Van der Rheede bevorder versoening op dieselfde giftige manier as wat Russel Botman onlangs gedoen het, naamlik deur Afrikaners met ‘n laer te assosieer. Dit kan ‘n soortgelyke versoeningsdoel dien as Afrikaner-sakelui Van der Rheede met sy etniese groep se verlede konfronteer en hom vra hoe laat hy sy pondok of stroois verlaat het. Of as hulle onthou dat hy nou swart wil wees, kan na sy kaia of hut verwys word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.