Het die Helens (Suzman en Zille) ook die Kerkstraatbom ondersteun?

Deel op

Gister ry Skoppensboer verby Diepsloot, ‘n swart woonbuurt ten noorde van Johannesburg. Dis die soort plek wat eers ‘n plakkerskamp was. Toe pomp die Johannesburgse munisipaliteit miljarde rande daar in en omskep dit in ‘n formele woonbuurt. Maar weerskante van Diepsloot is daar steeds plakkerskampe wat uitbrei, wat die beginsel bewys dat geen lokasie ooit werklik tot formele behuising opgehef kan word nie. Al bestee die staat ook hoeveel geld daaraan.

By die ingang van Diepsloot staan ‘n ontsaglike polisiestasiegebou wat insgelyks miljoene moes gekos het. Die ongelukkige is dat die polisiestasie nooit voltooi is nie. Blykbaar het die geld of die wil om dit te voltooi, opgeraak. Nou is dit ‘n murasie of monument aan die Nuwe Suid-Afrika.

So ‘n “onvoltooide” monument of kunswerk kan nogal interessant wees, want die kyker kan vele dinge daarin lees. Net voor die onvoltooide polisiestasie-installasiekunswerk staan daar ‘n groot reklamebord. Gewoonlik word slegs twee soorte produkte daarop geadverteer: bier of velsorg. SA Brouerye of Nivea.

Tot gister. Want nou het Diepsloot ook politieke velsorg ontvang in die vorm van ‘n reuse-DA-advertensie. Asof die snel uitbreidende lokasie nie in sy redelike kort bestaan al genoeg politieke sorg in die vorm van onvoltooide kunswerke ontvang het nie.

Trouens, die DA-reklamebord en die polisiestasie kan as ‘n eenheid gesien word, ‘n soort tweeluik aan die Nuwe Suid-Afrika. Te oordeel aan die DA-advertensie, veg dié party nou éérs hard teen apartheid. Blykbaar het die DA die Groepsgebiedewet, aanhouding sonder verhoor en die tuislande “teengestaan”.

Wat het geword van die destydse “Praat Prog, stem VP en dank die Here dat die Nasionale Party aan bewind is”? Dis mos min of meer hoe die “liberale Engelse en Jode” in die veel verguisde apartheidsdae gedink en opgetree het.

Skoppensboer is daarvan bewus dat dr. Dan Roodt van PRAAG as student in die laat sewentigerjare die spot met mev. Helen Suzman se skynheilige liberalisme gedryf het deur met ‘n gholfsak op die verhoog van die Wits-grootsaal te verskyn, kompleet met ‘n swart joggie wat die sak dra. Daarna het hy ‘n ongestoor ‘n gholfballetjie in die verhoor in geslaan. Dit was so ‘n oefenballetjie van ligte plastiek en niemand is beseer nie, hoewel ‘n deel van die gehoor wild gekoes het.

Die parallel tussen liberale politiek en gholfspeel wat Roodt destyds as student wou tref, duur vandag voort in die skynheiligheid van die DA-veldtog in Diepsloot. Die gedagte dat mev. Helen Suzman, die Progressiewe-partylid vir Houghton in Johannesburg, destyds ‘n “bevrydingsbeweging” soos Ché Guavara gelei het, is omtrent ewe absurd as om te dink dat Mao Tsetoeng die Chinese vasteland met plastiekspeelgoed uit ‘n gelukspakkie verower het. “Mag groei uit die loop van ‘n geweer,” was mos sy beroemde spreuk. Nie uit die onderpunt van jou setyster op die Houghton-gholfbaan nie.

Skoppensboer het al ‘n potjie op die Houghtonse baan gespeel, terloops. Nie een van Johannesburg se beste bane nie, hoewel Standardbank dit op ‘n stadium as ‘n soort maatskappybaan toegeëien het.

Maar, met apologie aan die jong Dan Roodt, kom ons skei vir ‘n oomblik gholf en politiek, as dit enigsins moontlik is. Netnou eindig ons by politiek en soesji. Iemand het eenkeer vir Skoppensboer gesê toe Vorster eerste minister geword het, het hy geweet ons gaan die land verloor, want hy het gholf gespeel en brandewyn gedrink. Of gholf die grootste bydrae gelewer het of brandewyn, weet Skoppensboer nie. Hy is geneig om te dink brandewyn. Pik Botha het mos ook halfdronk oor aanloopbane geslinger en naderhand nie meer geweet watse ooreenkomste hy met die Kubane teken en watter nie. Dis dalk ‘n onderwerp vir heelwat navorsing: Die rol van brandewyn in die ondergang van die Afrikanervolk.

Oude Meester is blykbaar die gunstelingbrandewyn van swartes in New York, volgens ‘n ander reklamebord hier in Johannesburg. Nogal in Hans Strijdomlaan, wat tans as “Malibongwe” bekendstaan. Maar kom ons los eers die drank en bepaal ons by velsorg, want dit lyk my die Botox waarmee Helen die Tweede (Zille) haar gesigvel behandel, tas haar harsings ook aan.

Mmm, Skoppensboer wonder nou skielik: as dit nie brandewyn en bier is nie, is dit velsorg in die politiek. Daardie twee Krok-tweelingbroers, Abe en Solly, het mos soveel geld uit gesigroom vir swart vroue met ‘n behoefte aan witter velle gemaak dat hulle agterna ‘n casino, Gold Reef City en ‘n sokkerspan (Mamelodi Sundowns) kon koop. En sommer ook die Apartheidsmuseum oorkant Gold Reef City kon bou waar toeriste deesdae vertel word watter groot Nazi’s die Afrikaners was. Nou baklei die Krok-kinders oor die Kroks se aansienlike boedel in die howe. Terloops, Antjie Krok is nie familie van hulle nie.

Maar as Skoppensboer die Krok-tweeling se lewenswerk reg verstaan, is dit iets van: Ons gee jou ‘n witter vel in ‘n swarter Suid-Afrika! Dat hul velbleikrome boonop kanker veroorsaak het, is ‘n sakie wat nie in al die lowende biografieë oor die Krok-miljoenêrs vermeld word nie. Immers gee die Nuwe Suid-Afrika almal kanker, dus is ons almal seker gelyk voor die velsorgmiljoenêrs.

Helena van Troje het ‘n gesig gehad “wat ‘n duisend oorlogskepe van stapel gestuur het”. Dieselfde kan egter nie van die twee Helens gesê word nie, al gebruik hulle nou watse gesigroom! Aan Joodse goetspa – ek dink in Afrikaans noem ons dit domastrantheid – het hulle egter geen gebrek nie.

Blykbaar glo Helen die Tweede (Zille) dat Helen die Eerste (Suzman) en Chris Hani ewe hard deur die Sowjetunie en Duitsland ondersteun is om die land met geweld te verower. Nou die dag het sy in die Kaapse wetgewer erg ontsteld geraak toe ‘n swart ANC-lid verklaar het dat Suzman “ons wou laat doodmaak”. Hier is ‘n kort YouTube-video daarvan.

Op dié video kry Skoppensboer so half die gevoel Helen die Tweede se propaganda het dalk té goed gewerk. As jy die apartheidsmite glo, dan dink jy mos alle witmense het vóór 1994 swartes voor die voet doodgemaak, nie waar nie? Dit lyk my Zille het ‘n nuanseprobleem daar.

Dat die DA en die destydse Progge waaruit die party stam egter nie net “teen apartheid gepraat het” nie, maar ook deel van die “ondergrondse stryd” was, bring nou interessante vrae na vore. Soos byvoorbeeld: het die Helens ook die Kerkstraatbom ondersteun?

Môre, 20 Mei, herdenk ons die Kerkstraatbom wat op dié dag in 1983 ontplof het. Miskien moet iemand reguit vir Zille vra of stedelike terreur en lafhartige aanvalle op burgerlikes iets was wat sy destyds as klandestiene lid van die ANC onderskryf het?

Of moet ons die DA se reklamebord by Diepsloot sien as maar net nog ‘n sinnelose oefening in die sinnelose politiek van die Nuwe Suid-Afrika waar dit gaan om die uitgil van mites, leuens en vooroordele?

En waar die plakkerskampe en die onvoltooide polisiestasies vermeerder soos die korrupte inkomstes van politici, ook die DA-politici wat hulle in Midvaal dik gesteel het deur onskuldige mense se huise te laat onteien en vir ‘n appel en ‘n ei op veilings op te koop?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.