Afrikanerhaat op Radio Sonder Mense

Deel op

Daar is een Afrikaanse radiostasie wat landwyd uitsaai: RSG. Oftewel, soos dit in die volksmond bekendstaan, Radio Sonder Mense. Die eens trotse kultuurradio, die Afrikaanse diens van die SAUK, is vervlak tot ‘n stasie wat wonder of dit ‘n musiekstasie vir tieners of ‘n propagandakanaal vir die Britse geheimediens wil wees.

So pas op Twitter en Facebook het ek mense gevra wie die irriterendste omroeper op RSG sou wees. ‘n Hele rits name het uit die luidsprekerkas getuimel, wat ek terstond op ‘n meningspeiling oor die kwessie hier op die PRAAG-webwerf geplaas het.

Vir my is die irriterendste omroeper van almal Ian Wessels en sy inbelprogram “Loslip”. Dit gebeur soms dat ek aan Ian Wessels se stem blootgestel word, waarna ek so gou moontlik die radio afskakel. Dit het al gebeur dat ek in my haas om die motorradio af te skakel of na ‘n ander stasie te verwissel, amper ‘n ongeluk maak.

Enigiemand wat so ‘n platvloerse, anglisistiese naam vir ‘n inbelprogram soos “Loslip” kan uitdink, moet besonder dom wees. Dit verbaas dus nie dat ek Ian Wessels nog nooit enige intelligente of prikkelende gedagte hoor uitspreek het nie. Bygesê: ek het nog nooit langer as ‘n paar minute na hom en sy kekkellaggie wat gereeld in ‘n aamborstige rokershoesie oorskakel, geluister nie. Behalwe een of twee keer waar dit oor ‘n onderwerp gegaan het wat my persoonlik interesseer en waar dit interessant sou wees om te hoor wat van die inbellers daaroor te sê het.

Vandeesweek, Donderdag blykbaar, het Wessels oor Afrikaans by groot maatskappye in Johannesburg gepraat. Of liewer: hy lewer sommer met die intrapslag ‘n pleidooi dat mense hul kinders na Engelse skole toe moet stuur sodat hulle eendag “met ‘n goeie aksent” Engels in ‘n groot maatskappy kan praat en sodoende bevordering kan kry. Asof bevordering altyd van ‘n goeie Engelse aksent sou afhang!

Ek is seker dat Wessels sy inbellers keur of filter om altyd mense te kry wat met sy eie idiosinkratiese en anti-Afrikaanse sienings saamstem. Waar elders ter wêreld sal ‘n mens ‘n radiostasie vind met omroepers wat naarstiglik hul eie taalmedium probeer ondermyn? Die absurditeit van so iets behoort tot enigiemand te spreek.

Iemand soos Ian Wessels behoort eenvoudig teen ‘n muur gesit en doodgeskiet te word. Hy verteenwoordig die spreekwoordelike suurstofdief. Hy beskik oor geen taalkundige, kulturele, politieke of ander insigte nie en word bloot deur Radio Sonder Mense aangehou om die luisteraars te hekel. Onderliggend aan omtrent elkeen van sy programme is ‘n etniese Afrikanerhaat waartoe selfs Julius Malema of enige van die swart radikale met hul “Skiet-die-Boer”-liedjies nie in staat is nie.

Waar kom iemand soos Ian Wessels vandaan? Kennelik weet hy niks van Johannesburg af nie, dus neem ek aan hy het van een of ander agterlike suidkusdorpie in Natal hierheen opgetrek, deurtrek van vooroordele jeens Afrikaners en Afrikaans. Ek herinner my hy het op ‘n keer ‘n program daaraan afgestaan om teen Standaardafrikaans te preek. Kwansuis praat niemand meer suiwer Afrikaans nie en diegene wat dit wel doen, behoort onmiddellik daarvan af te sien, want anders voel Ian Wessels dalk minderwaardig. Of so iets.

Hoe bly ‘n idioot soos Wessels op die lug? Die stasiehoof van RSG, Magdaleen Kruger, het op ‘n stadium verklaar dat sy “geen Afrikaner is nie”. ‘n Jaar gelede het sy haar ook daartoe verbind om ‘n “nuwe taal” te help skep om Afrikaans te vervang, wat glo volgens “die wit norm” gestandaardiseer is. Van Magdaleen Kruger se nuwe taal of Afrikaans-kreools het ons nog nie veel gesien nie, maar ek neem aan dat Ian Wessels daar is om die Afrikaanse luisteraars te irriteer sodat hulle kan ophou om na Radio Sonder Mense te luister.

As ‘n mens daaraan dink, beskik Afrikaners oor geen openbare radiostasie nie, aangesien Radio Sonder Mense per definisie “geen Afrikanerstasie” is nie. Afgesien van die honderdduisende Afrikaners wat reeds geëmigreer het, is daar nog iewers tussen twee-en-‘n-halfmiljoen en driemiljoen Afrikaners in die land oor. Waarna is ons veronderstel om te luister as Radio Sonder Mense uitdruklik standpunt teen ons volk en sy taal innneem? Male sonder tal het RSG-omroepers al hul Afrikanerhaat en afkeer van Standaardafrikaans op die lug bely.

Oor die onderwerp van regstellende-aksie-aanstellings by RSG, sal ek my maar so min as moontlik uitlaat. Behalwe om te sê dat geen van die RA-aanstellings by Radio Sonder Mense lyk my al enige stem- of taaltoets geslaag het nie. Sowat van kleitrappery oor die mees basiese terme en woorde in Afrikaans het ‘n mens nog nooit gehoor nie, behalwe natuurlik die versameling aksente en uitsprake wat jou ore afskroei.

Ek voel vere vir die sogenaamde “variante van Afrikaans” wat uit anglisismes, Engelse woorde, onbeholpe uitsprake en ‘n algemene taalarmoede bestaan. ‘n Openbare radiostasie soos RSG behoort die Standaardtaal te handhaaf en te bevorder, en nie verwarring te saai deur so ‘n versameling narre aan te hou wat dit blykbaar as hul prerogatief beskou om luisteraars op elke moontlike wyse te irriteer en te vervreem nie.

Die helfte van die RSG-omroepers kan môre na SAFM, die SAUK se Engelse stasie, herontplooi word waar hulle in elk geval meer tuis gaan voel. Niemand sal hulle mis nie. Inteendeel, ons sal verheug wees om nie langer na hul platvloerse betuigings van Afrikanerhaat te hoef te luister nie!

Hoe dit ook al sy, ons moet die saak nie daar laat nie. Luisteraars behoort in hul duisende klagtes by die SAUK en die Onafhanklike Uitsaai-owerheid in te dien. As dit daarop aankom, moet ons ‘n petisie opstel om ten minste vir Ian Wessels van die lug af te kry, die vuil apologeet vir die konsentrasiekampe en alles wat Brits is!

Omdat RSG landwyd uitsaai, oefen die stasie ‘n geweldige invloed op Afrikaans uit. Magdaleen Kruger en haar malletjies is besig met wat ek ‘n paar jaar gelede “negatiewe taalbeplanning” genoem het. Hulle wil Afrikaans aftakel en tot ‘n seerowersbargoens verskraal. Taalkundig is Engels ‘n seerowersbargoens, maar ek kan op ‘n ander keer dáároor skryf. Niemand by Radio Sonder Mense is gekwalifiseer om hom oor Afrikaans uit te laat nie, behalwe dr. Willem Botha van die Woordeboekkantoor wat op Vrydae soos ‘n rare sirkusdier geparadeer word om oor ‘n “interessante woord” iets op Monitor te sê.

Nietemin het Radio Sonder Mense besluit om die voornaamwoord “u” af te skaf. Tot ministers word op RSG ge-jy-en-jou. As die Radio-Sonder-Mense-omroepers die Onse Vader opsê, lui dit seker: “Onse Vader wat in die hemele is, laat Jóú naam geheilig word.” Ek onthou een oggend, ‘n jaar of twee gelede, het Cobus Bester dié “beleid” – as ‘n mens dit so kan noem – geregverdig deur te sê “in Engels is daar geen formele aanspreekvorm nie, daarom het ons dit in Afrikaans nie nodig nie”. Ek dag my ore bedrieg my.

Afrikaners betaal meer as 30% van die totale belastings in die land en is daarom geregtig op ‘n openbare radiostasie wat ons taal, kultuur en sienswyses weerspieël. Radio Sonder Mense doen dit geensins nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.