VF Plus-jeug spreek minister oor rassisme

Deel op

Volgens die leier van die Vryheidsfront Plus se jeugtak, Cornelius Jansen van Rensburg, behoort swart-op-wit rassisme erken te word.

Deel op

Van Rensburg het dié stelling gemaak na samesprekings met die minister van onderwys, Naledi Pandor, in Pretoria. Rassisme op universiteit, die status van Afrikaans en die voorgestelde skole-eed is van die onderwerpe wat bespreek is.

Die Vryheidsfront Plus is veral bekommerd oor die samestelling van ‘n ministeriële komitee wat diskriminasie en rassisme op kampusse moet ondersoek.

Omdat daar geen Afrikaners op die komitee is nie, kom die legitimiteit en objektiwiteit van die komitee in die gedrang, het Van Rensburg gesê.

детская одежда для новорожденных мальчиковФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.