Afrika sterf aan Brittanje se hand

ImageDit is goed om die geheue weer te verfris oor wat Brittanje se betrokkenheid by die Zim-krisis is, veral noudat Zimbabwe op die vooraand staan van ernstige misdrywe teen die laaste oorblywende blankes daar. Dít nadat Mugabe pas die klok van haat teen die blankes gelui het as ‘n manier om swartes se stemme te werf in sy vergeefse poging om die verkiesing te wen teen Tsvangirai, die Britse gunsteling vir volgende president. En noudat lord Carrington, voormalige Britse minister van Buitelandse Sake, so pas Brittanje probeer verontskuldig aan hulle rol deur te stel dat “wat nou in Zimbabwe gebeur, het eintlik niks met Brittanje te make nie”, moet die ernstige graad van leuens wat hulle verkondig weer beklemtoon word.

Asof Brittanje nie destyds miljoene betaal het om van Ian Smith ontslae te raak en die kranksinnige Mugabe aan bewind te stel nie.  En nou vir ons kom probeer wysmaak dat hulle niks daarmee te make het nie! Juis nadat dit reeds wyd bekend is dat Brittanje pas weer ‘n bedrag nagenoeg van een miljard pond bewillig indien daar maar net van Mugabe onslae geraak kan word

Ons moet onthou dat die destydse Rhodesië, toe Ian Smith nog eerste minister vir die nagenoeg 200 000 blanke inwoners daar was, ekonomiese stabiliteit geniet het en polities vir niemand ’n bedreiging ingehou het nie. Maar die internasionale aanslag wat veral uit Brittanje gedryf word en wat daarop gemiks is om van van die hele wêreld een multikulturele staat te maak, was ook vir Rhodesië te fel

Die metode om Rhodesië tot ’n val te bring, was om soveel leuens as moontlik te versprei oor die “gevaar wat Rhodesië inhou vir wêreldvrede”. In ’n vergadering van die Verenigde Nasies in 1965, het slegs twee lande, Suid-Afrika en Portugal, die oproep om Ian Smith se regering omver te werp, teengestaan.

Die sosialistiese Britse eerste minister, Harold Wilson, het alles in sy vermoë gedoen om Rhodesië se regering tot ’n val te bring terwyl hy openlik samewerking met die kommunistiese kriminele in die Kremlin bepleit het. Al die groot internasionale nuusagentskappe, sowel as die magtige internasionale finansiële instellings, het hom ondersteun. Toe Wilson op die finansiële reserwes in Londen beslag lê en die bestuur afdank, het hy hulle vervang met bankiers wat bekend was vir hulle revolusionêre uitgangspunte. Die nuwe Voorsitter, sir Sydney Caine en die bankier SG Warburg, was twee van die lede van Wilson se nuwe bankierraad wat ’n prominente rol gespeel het om Rhodesië te help vernietig.

As die Smith-regering kon standhou teen die kommunistiese aanslag, sou die ekonomiese voorspoed wat hulle beleef het van Rhodesië feitlik ’n onafhanklike en vry land gemaak het. Die kommuniste, sosialiste en bankiers van die wêreld (mens kan hulle maar noem wat jy wil…) het hierdie feit as ’n groot bedreiging gesien en dit moes ten alle koste verhoed word. Nie net het Wilson op Rhodesië se fondse in Londen beslag gelê nie, maar openlik verkondig dat hy sal voortgaan om ’n enorme finansiële oorlog te voer en selfs ’n militêre aanval teen die Smith-regering te loods wat die ekonomie en vervaardigingsektor daar totaal sou vernietig.

Daarby het Wilson ook ’n Afrikabuurland befonds deur onder andere ’n radiostasie daar op te rig waardeur hy die swartes kon aanhits tot opstand teen Rhodesië. As gevolg hiervan is daar skokkende misdade gepleeg onder die opgesweepte leierskap van Nkomo en Sithole met hulle ZANU- en PCC-bondgenote. Wilson se openlike aanmoediging aan die swart petrolbommakers het ook ’n groot bydrae gelewer tot die onmenslike moorde wat daar gepleeg is. Heel moontlik sal ons na dese verneem van nog sulke wreedaardigheid as gevolg van Mugabe se moordlustige oorlewingstryd in die huidige verkiesing.

Tog interessant dat menige besoekers destyds aan Rhodesië, getuig het dat die blankes onder die Smith-bewind rustige inwoners in ’n vooruitstrewende ekonomiese klimaat was wat valslik beskuldig is van “’n gevaar vir wêreldvrede”. Selfs ’n lid van Wilson se eie party, mnr RT Paget, het nadat hy ’n week in Rhodesië was, gesê Wilson se bewerings is “unmitigated and absolute nonsense”. Nietemin het die internasionale breinspoeling teen Rhodesië volmaak geslaag. Harold Wilson se finale aanslag teen die Smith-regering was om binne ure nadat kommuniste soos Nkrumah tydens ’n konferensie in Lagos, Nigerië, geëis het “to restore constitutional goverment in Rhodesia!”, dit deur te voer.

Vandag getuig Zimbabwe van die ‘sukses’ van Brittanje se grootse poging om te keer dat Afrika onafhanklik en voorspoedig sou bly. Toe NEPAD op 2 Augustus 2007 sy kommer uitspreek oor die “kritieke probleem in terme van produktiwiteit”, was dit duidelik dat die volle beginsel van kommunisme daar neerslag gevind het. Nie eers die honger swartes in Zimbabwe kon dit meer daar uithou onder die bewind van ’n versteurde leier nie en vlug steeds in duisendtalle per dag na Suid-Afrika, presies wat die sosialistiese leiers in Brittanje voorsien het omdat dit Suid-Afrika self ook op sy knieë sou help bring.

Soos wat Mugabe in 1983  20 000 Ndebeles laat vermoor het om Joshua Nkomo se magsbasis te vernietig, so sal hy seker die laaste blankes in Zimbabwe laat vermoor in sy desperate opswepingsoproep om die verkiesing te probeer wen.

So sal Suid-Afrikaners onder die ANC-regime bly uitgemoor word in ’n poging om van die hele Afrika weer ’n swart magsbasis te help maak. Die meederheid swart mense verstaan dit reeds; daarom dat Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu gedreig het: “Suid-Afrika sal soos Zim lyk!”  En dalk daarom dat Mbeki reeds in 2007 prontuit die skuld vir die probleme in Zimbabwe voor Brittanje se deur geplaas het in sy verslag in die SAOG?

Dit is nie ydele dreigemente nie; ons gaan nog baie stakings tegemoet wat sal meehelp om Suid-Afrika tot ’n Zimbabwe te transformeer. En nog duisende blankes sal vermoor word in hierdie land totdat ons ook soos die paar oorblywende blanke boere in Zimbabwe vandag, deur hordes swart massas in ons eie huise met die dood gedreig word as ons nie ons eiendom binne ‘n paar uur verlaat nie – nie dat om gehoor te gee daaraan ons lewens sal red nie! En dalk dan sal die radikales wêreldwyd seker tevrede wees en Brittanje vereer word vir sy leidende aandeel in die verwoesting van die voormalige beskawing van die hele Afrika?

печь для саунытопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.