Nigeri? se ekonomie knars tot stilstand

Deel op

Nigerië se Department van Petroleum Hulpbronne, die DPH, het gister bevestig dat 13 skepe wat petroleum bevat weggewys is en onder kwarantyn geplaas is.

Deel op

‘n Ondersoek deur amptenare het aangetoon dat die produkte nie aan spesifikasies voldoen nie en Nigeriese motors kan beskadig omdat dit etanol bevat. Alle ingevoerde petrol bevat egter etanol.

Bronne in die nywerheid het gister laat blyk dat die weiering van die vrag die rede vir die petrolskaarste in die land is. Nigerië se ekonomie is stadig maar seker besig om tot stilstand te knars omdat petrol oral opdroog.

Die Nigeriese Nasionale Petroleum Maatskappy beweer dat die presidensie ‘n aanbeveling gedoen het dat skepe wat petroleumprodukte dra wat tussen 1,5% en 5% etanol bevat, in die land toegelaat moet word. Hulle sê die huidige stappe van die DPH verontagsaam
die aanbeveling

Hulle het die DPH dringend versoek om hul verantwoordelikheid na te kom om die kunsmatige gebrek te vermy asook die lang toue by vulstasies.

casion onlineпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.