Is die volgende Afghanistan in Afrika?

Die bomaanval in Tanzanië wil-wil lyk soos die aanval ‘n jaar of twee gelede in Afghanistan toe agt niksvermoedende Suid-Afrikaners gedood is tydens ʼn selfmoordbomaanval op ‘n Dinsdagoggend in Kaboel, klaarblyklik die slagoffers van ‘n aanval uit weerwraak oor ‘n rolprent wat die spot dryf met die profeet Mohammed.

Daar was geen provokasie in Tanzanië om die aanval op die Katolieke kerk te verklaar nie, behalwe miskien die land se ontginbare neerslae.

Volgens The Jerusalem Post het die Afghaanse ekstremistegroep, Hezb-e-Islami, verantwoordelikheid vir die aanval in Afghanistan aanvaar. Die aanval is op ʼn minibus uitgevoer naby die stad se lughawe. Na wat verneem word, is twaalf mense dood. Die departement van internasionale betrekkinge het bevestig dat agt van die slagoffers Suid-Afrikaners was, wat vir ʼn internasionale koeriermaatskappy gewerk het.

Is Tanzanië oppad na dieselfde groter wetteloosheid, armoede en endemiese korrupsie wat Afghanistan teister? As die oorlog om “demokrasie” daar te vestig ‘n aanduiding van enigiets is, is dit dat die multi-miljard dollar pogings om stabiliteit te herstel in die streek ‘n volslae mislukking is.

Soos die geskeduleerde 2014 vermindering van Amerikaans-geleide NAVO-troepe nader kom, doem die vrae al hoe meer op.

Die Afghaanse sentrale regering is swak en hopeloos korrup, die nasionale gewapende magte is ongeorganiseerd en haat die buitelandse teenwoordigheid, die Taliban het steeds invloed, en vroue bly heeltemal gemarginaliseer.

Maar miljarde dollar is uitgestort in Afghanistan oor die afgelope dekade. Selfs die amptelike syfers van hulp en finansiële bystand is nie naastenby wat uitgedeel is aan Amerikaanse gevolmagtigdes nie.

Verslae bevestig dat miljoene Amerikaanse dollar in kontant deur die CIA in tasse, rugsakke en plastiek inkopiesakke aan die kantoor van Afghanistan se President Hamid Karzai afgelewer is sedert sy inhuldiging in 2004.

Die VN se verslag oor dwelmhandel UNODC 2009 beweer dat net tussen 10% en 15% van die Taliban se fondse uit dwelms verkry word. Die res, meer as 80%, kom uit ander bronne.

Verslae meld dat die dollars in plastieksakke aan krygshere en politici, baie met bande met die dwelmhandel en in sommige gevalle die Taliban, gegaan het.

Die verslag noem ook ‘n anonieme Amerikaanse amptenaar wat beweer, “Die grootste bron van korrupsie in Afghanistan is die Verenigde State van Amerika.” Teen hierdie tyd moet Amerikaanse belastingbetalers se bloeddruk seker styg weens die oneerlikheid om Amerikaanse fondse in die sakke van die Taliban te laat beland.

Hamid Karzai het verklarings uitgereik ter bevestiging van die bewerings, maar het daarop aangedring dat die fondse “klein” was en “gebruik is vir ‘n goeie doel”. As hierdie bewerings waar is, is daar geen rede waarom dit nodig sou wees om deur middel van geheime kanale, wat enige vorm van aanspreeklikheid ophef, te gaan nie.

Afghanistan se status as ‘n Narko-staat is nie net toe te skryf aan die swak toepassing van ontwikkelingshulp nie. Die voortgesette verwaarlosing van landelike en landbou-ontwikkeling, het toestande help skep wat hoogs kontroversieel is.

Vanaf die CIA se koverte oorlog van die 1980’s en ’90’s tot die Amerikaanse ingryping in 2001, is slegs ‘n skamele $237,000,000 toegewys vir landbou. Afghanistan staan in vir meer as 90 persent van die wêreld se heroïen en in die afgelope jaar as een van die grootste produsente van verfynde produkte soos honderde heroïne laboratoriums oral in die land opskiet.

Hoewel die Taliban dikwels as die vernaamste weldoener in die opiumhandel beskryf word, daar is rede om te glo dat die internasionale bankwese die grootste voordeel trek. Vandag het die heroïenproduksie in Afghanistan toegeneem met 40 keer sedert die VSA se inval in 2001.

Testosteroon-gevulde Amerikaanse soldate maak ‘n bespotting van hul land deur te urineer op Afghaanse lyke, Korans te brand en ongewapende burgerlikes aan te val. En nie enige hooggeplaaste Amerikaanse of NAVO-amptenaar is blykbaar verantwoordelik vir hierdie dade nie.

Washington gaan eenvoudig wegstap en Afghanistan laat soos die Sowjet-Unie dit in die vroeë ’90’s gelaat het. ‘n Geteisterde land met onstabiliteit, geen infrastruktuur nie, ‘n ekonomie in wanorde, en China wat wag om oor te neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.