Wie sal die Boere kom lei? ‘n Bruin man, Engelse vrou of ‘vrolike’ man?

Deel op

Skoppensboer vind dit al hoe moeiliker om grappies te maak oor die nuwe Suid-Afrika. Daar is sommer baie om oor te lag, van die Gupta-gedoente tot dik ousies met dikker brille in swart luuksemotors wat jou op die paaie wil doodry, maar dikwels is dit “lag met ‘n traan”.

Uiteindelik laat Skoppensboer hom maar, soos die res van die volk, lei deur die skoppelmaaipers, oftewel Naspers. Sommige mense noem hulle Nazipers, wat dalk ‘n belediging vir die Nazi’s kan wees. Want sowat van ‘n voorliefde vir die kleure rooi en swart het lanklaas buite Duitsland in die 1930s bestaan! Skoppensboer kan skaars meer Beeld se webwerf lees, want dit laat hom voel soos Tom Cruise in daardie fliek Valkyrie waarin die Nazi-kostuums met groot sorg uitgebeeld word, tesame met daardie rooi vlae met ‘n groot wit kol waarop die swastika pryk. Op Beeld en selfs Rapport, is dit net rooi en swart waar jy kyk.

Of miskien lees Koos Bekker die Franse skrywer Stendhal wat mos ‘n boek genaamd Die rooi en die swart geskryf het? Hoewel, Koos hou blykbaar meer van Franse kos as Franse letterkunde en dalk was die tafeldoek iewers ‘n dramatiese bistrot-rooi.

Nie verniet noem Koos Bekker en sy vrou die restaurant op hul luuksehotelplaas “Babel” nie, want onder sy heerskappy het die Afrikaanse media beslis ‘n Babelse verwarring onder gewone koerantlesers gesaai. Skoppensboer wou nog gewoond raak daaraan om ‘n “Afrikaanse” te word, toe skaf hulle dit sommer weer af! Nou is ons almal weer Afrikaners, of Suid-Afrikaners. Of Provencaalse smulpape. Of so iets. Die rooi-en-swart manne kon vrek oor Superdik Van Zyl Slabbert, wat mos ‘n boek met die titel Afrikaner/Afrikaan geskryf het. Solank Nazipers ons net nie begin “ware Afrikane” soos die Zimbabiërs en Malawiërs noem nie, want netnou-netnou maak ons swart landgenote ons dan dood.

Benewens Koos Bekker en sy magtige persgroep, is daar reeds ‘n horde mense wat die Boere mislei. Maar soos die liedjie lui: “Wie sal die Boere kom lei?”

As Skoppensboer die saak nou so bekyk, dan lyk dit asof daar ‘n drietal kandidate vir dié taak naderstaan: die Engelse vrou, doer van die Kaap (Helen Zille), die bruin man, deesdae van Bloemfontein (Jonathan Jansen), asook die “vrolike” man van Darling wat lyk my nou soos Mamphela Ramphele sy eie “politieke beweging” loop stig het.

Hoe meer swart babas Helen Zille in Soweto soen, hoe hoër styg haar Boeremeter van steun in die Noord-Transvaal, Wes-Transvaal, die Vrystaat, die Kaapse platteland en oral waar daar nog boere met hoof- of kleinletters is! Skoppensboer verstaan die wêreldpolitiek, maar Boerepolitiek is vir hom te ingewikkeld.

Op die rooi-en-swart webwerwe van Nazipers skree hulle as’t ware Sieg Heil! telkens as Miesies Helen uit haar koets klim. Hoewel, hoewel… by verre die grootste goeroe van almal is sy Edele Jonathan Jansen wat vanuit die Kaapse Vlakte die raadsale van Bloemfontein en die rektorstoel bestyg het. Glo danksy appèlregter Faan Hancke wat hom nes ‘n sokkerspeler vir sy alma mater vanaf Tukkies oorgekoop het. Amper sê ek oorgekoep, op Kaaps.

Dié bruin man – wat homself graag “swart” noem – gee gereeld les in “leierskap” en dus is niemand seker beter as Jansen gekwalifiseer om die Boere te kom lei nie. Hy vloek net bietjie baie in die openbaar, maar dis seker die nuwe etiket daar op die bevryde Bloemfontein. Dit gaan fokken goed op Kovsies vandat al die koshuise geïntegreer is, seg die rektor.

Asof twee gesiene leiers nie genoeg was nie, het die vrolike vermaaklikheidster en transvestituut, Pieter-Dirk Uys, vandeesweek insgelyks kom aantree met ‘n politieke beweging genaamd “Suid-Afrika se Demokratiese Nasionale Alternatief (SA-DNA)”. Dis voorwaar ‘n mondvol. Die alter ego van Evita Bezuidenhout noem dit “‘n konsep wat kleiner politieke partye moet aanneem en met hul eie idees moet vorentoe neem”.

Dit klink nog meer deurmekaar as enigiets wat by ‘n Babel-dinee uitgedink kan word. Maar ten minste is daar ‘n tikkie van die genetika daarby in die vorm van die afkorting DNA, Engels vir DNS. Word hier dalk politieke eugenetika gepleeg? Die homoseksuele beskryf hoeka hul lewenstyl as “alternatief”. Hoe lyk ‘n “Demokratiese Nasionale Alternatief” dus? Is dit mooi mans in daardie pragtige Nazi-weermaguniforms van Tom Cruise met bypassende swart leerjasse wat op en af paradeer om die “vroliker” Boere te vermaak? Het Pieter-Dirk Uys se nasionaal-demokratisme enigiets met nasionaal-sosialisme te make, benewens die klere en kleure?

Iewers op die internet sien Skoppensboer onlangs ‘n video van Goebbels waar hy spog dat Duitsland nou van die Jode ontslae geraak het en daarom oor “Duitse musiek, Duitse letterkunde en ‘n Duitse pers beskik”. Net so is daar Boere wat nie danig van Jode hou nie, maar hoe meer regs en nasionaal-sosialisties hulle raak, hoe meer stuur hulle hul kinders na Engelse skole! Eendag sal die Boere seker na Goebbels se uitspraak kan sê: “Ons beskik nou oor Engelse musiek, Engelse letterkunde en ‘n Engelse pers.”

En soveel Engelse leiers is ook vrolikes, soos dié mnr. Nigel Evans van die Britse Konserwatiewe Party wat net gister in hegtenis geneem is omdat hy na bewering ‘n ander man verkrag het. Gerugte doen die rondte dat omtrent die helfte van al die joernaliste by Nazipers insgelyks homoseksueel is. Om nie te praat van al die vrolikes wat in die Boereparty, die DA, onder mev. Zille dien nie.

Soos dr. Dan Roodt al hier iewers geskryf het, die probleem is nie die gebrek aan figure om die Boere te kom lei nie; dis eerder die teendeel. Daar is te veel Afrikanerleiers!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.