Pa van Boston-verdagtes sê seuns is in lokval gelei

Deel op

Die pa van die twee verdagtes in die ontploffings by die Boston-marathon het Saterdag gesê sy seuns in ‘n lokval gelei.

Anzor Tsarnaev het aan Rusland se Interfax-nuusgagentskap gesê die geheimediens het sy seuns geteiken omdat hulle Moslems is.

Anzor is woedend oor die aantygings wat teen sy seuns, Dzhokhar en Tamerlan gemaak is.

“Iemand het hulle in ‘n lokval gelei. Ek weet nie presies wie nie, maar iemand het en deur lafaarde te wees het hulle die kind doodgeskiet. Daar is polisiebeamptes soos die.”

Meer as 100 mense wat gewond is in die aanvalle is intussen uit hospitale in Boston ontslaan en minder as 10 is in ‘n kritieke toestand.

Die polisie het Vrydagaand ná ‘n grootskaalse soektog die tweede verdagte vasgetrek in verband met Maandag se ontploffings.

Die polisie het op ‘n wenk van ‘n plaaslike inwoner reageer en die 19-jarige Dzhokhar op ‘n boot in ‘n agterplaas in Watertown gevind, waar hy weggekruip het. Tsarnaev is gewond in ‘n skietgeveg waarin sy broer en medepligte, Tamerlan, dood is.

Dzhokhar is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.

Intussen het pres. Barack Obama die polisie en wetstoepassingsagentskappe geloof.

Drie mense is dood en meer as 170 ander mense is gewond in die ontploffings wat naby die eindstreep van die Boston-marathon plaasgevind het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.