Kanadese student (22) in Vereeniging verkrag

Deel op

‘n Kanadese student (22) wat as deel van haar kursus maatskaplike werk in Suid-Afrika doen, is oor die naweek naby Vereeniging verkrag. Die voorval word beskryf as ‘n “huisroof wat skeefgeloop het”.

Die student en haar huismaats, wat almal uit Westerse lande afkomstig is en welsynswerk in Suid-Afrika doen, is Saterdagnag deur rowers oorval. Die presiese rede waarom sy die enigste is wat verkrag is, is nie duidelik nie.

Om die identiteit van die meisie te beskerm, word die presiese ligging van die voorval tans vertroulik gehou. ‘n Woordvoerder het egter gesê: “Dit is sleg, baie sleg, ook vir ons land. Al hierdie meisies kom na Suid-Afrika om welsynswerk te doen, in kinderhuise en arm gebiede. Almal is baie geskok. Die nuus versprei reeds dat jong vroue wat Suid-Afrikaners kom help, goedsmoeds verkrag word.”

Blykbaar het die meisie die nodige behandeling by die trouma-eenheid van die plaaslike polisiestasie ontvang. Die polisiestasie, wat onder die bevel van ‘n Afrikanervrouekolonel staan, is goed toegerus om verkragtingslagoffers te hanteer.

Suid-Afrika is by verre die wêreld se swaargewigkampioen as dit by verkragting kom. Volgens statistieke van die polisie en ondersoeke deur die Mediese Navorsingsraad, word tot 1,3 miljoen vroue jaarliks in die land verkrag. Dit is meer as in die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van die Kongo wat deur die Verenigde Nasies as ‘n “menseregteramp” verklaar is. Volgens VN-syfers word ongeveer ‘n miljoen vroue per jaar in die DRK verkrag.

Tot 75% van Suid-Afrikaanse vroue sal ten minste een keer in hul lewens verkrag word. ‘n Vrou se kanse om verkrag te word, is groter as om matriek deur te kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.